13 Oktober 2017

Gereformeerde_kerk_Agulhas,_Esté_Coetzee
Die Gereformeerde kerk Agulhas op Bredasdorp. (FOTO: Esté Coetzee)

13 Oktober 1996 | GK Agulhas se kerk op Bredasdorp in gebruik geneem

Lidmate van die omgewing van Bredasdorp het eers ingeskakel by GK Strand, maar namate die lidmaattal vanaf die vroeë 1990’s toegeneem het, het die drang na ’n eie aanbiddingsplek ál sterker geword.

Op 11 November 1990, tydens die laaste diens wat ds. Peet Aucamp op Bredasdorp gelewer het, het hy in die konsistorieboek aangeteken dat dié wyk die kerkraad van die Strand versoek het om ondersoek te doen na die oprigting van ’n kerkgebou op Bredasdorp.

Eers in 1994 het die handjie vol lidmate in die omgewing van Bredasdorp ernstige gesprekke oor die oprigting van ’n eie kerkgebou begin voer. Destyds is die erf in Plantasiestraat reeds aangekoop. In 1995 het GK Strand se kerkraad die versoek om oor te gaan toe kerkbou goedgekeur.

Ds. Jan-Louis du Plooy het op 26 Februarie 1996 die eerste sooi gespit en reeds teen 5 April daardie jaar was die basiese struktuur klaar. Namate die bouaannemer se werk gevorder het, het spanne van Kleinmond, Hermanus en die Strand opgedaag om die terrein skoon te maak, bloekombome uit te kap, te verf, elektrisiteit en water aan te installeer en die afronding aan die gebou te doen.

Ds. Du Plooy kon in Julie 1996 die eerste diens in die voltooide kerk hou. Kort daarna het ’n berig in Die Kerkblad (die orgaan van die GKSA) verskyn dat GK Hofmeyr ontbind het en dat al die meubels te koop aangebied word deur die gemeente Steynsburg, wat gemagtig is om met die meubels en kerkgebou te handel.

Ds. Du Plooy, oudl. Carl Lohann en Stoney Steenkamp is afgevaardig om in die Noordoos-Kaap met Steynsburg oor die aankoop van die meubels te onderhandel. Daarna het die kerkraad van Steynsburg besluit om die klok, orrel, meubels, preekstoel, matte en banke te skenk. ’n Kopergedenkplaat agterin die Agulhas-kerk herdenk hierdie skenking.

Die voltooide en gemeubileerde kerkgebou is op hierdie dag, ’n Sondag, feestelik in gebruik geneem. Tien jaar en twee dae later (op 15 Oktober 2006) het Agulhas afgestig en vandag nog is dit steeds die jongste gemeente in Klassis Boland. ⊗

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s