10 Maart 1987 | Ds. Jan-Louis Lee gebore

Jan-Louis se kinders

Ds. Jan-Louis en Willemien Lee se kroos: Janie, Heinrich en Wihann. (Foto: Facebook)

Middelste van drie predikantbroers gebore

Jan-Louis Lee is die tweede van Wikus en Annemarie Lee van Louis Trichardt se drie seuns. Hy is gebore en getoë aan die voet van die Soutpansberg.

Ds. (later dr.) R.M. van der Merwe het Jan-Louis in die Gereformeerde Kerk Louis Trichardt gedoop. Sy skoolloopbaan het hy aan die Laerskool Louis Trichardt begin en in 2005 aan die Hoërskool Louis Trichardt voltooi.

Oor sy roeping vertel hy dat hy al kleintyd sy ouers laat verstaan het hy wou predikant word, “maar mettertyd het ek dit so ’n bietjie vergeet.

“Laat op hoërskool was dit ’n konstante gewaarwording dat die Here my daarvoor geroep het en eindelik is my innerlike roeping deur die uiterlike roeping bevestig.”

Willemien en Jan-Louis Lee

Willem en Jan-Louis Lee is op 17 September 2013 getroud. (FOTO: Facebook)

Jan-Louis beskryf dit as “’n wonderlike genadevoorreg van die Here dat oom Rudolph (van der Merwe) my op 29 Januarie 2012 in die Gereformeerde Kerk Bothaville in die amp bevestig het”.

Op 2 November 2014 is hy na die Gereformeerde Kerk Pietersburg-Noord beroep en op 18 Januarie 2015 in sy tweede gemeente bevestig. Sy visie vir die gemeente? Op 5 Augustus 2018 het ds. Ronald Bain (destyds van GK Potchefstroom) ds. Lee in GK Brits bevestig.

Ronald Bain en Jan-Louis Lee GK Brits

Ds. Ronald Bain het ds. Jan-Louis Lee op 5 Augustus 2018 as nuwe predikant van die Gereformeerde Kerk Brits bevestig. (Foto: Facebook)

Sy wens vir sy gemeente? “Dis my hartsbehoefte dat ons die besonderse beeld wat God oor sy kerk gebruik in 1 Timoteus 3:14-16 sal lééf:

Ek skryf hierdie dinge aan jou hoewel ek hoop om gou na jou toe te kom.

Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit is die gemeente van die lewende God. Die gemeente is die draer en beskermer van die waarheid.

En dit staan bo alle teenspraak dat die geopenbaarde waarheid van ons godsdiens groot is: As mens het Jesus in die wêreld gekom, deur die Gees is bevestig dat die reg aan sy kant is, aan die engele het Hy verskyn; aan die heidennasies is Hy verkondig, in die hele wêreld is Hy geglo, en in heerlikheid is Hy opgeneem.

“Ons gemeente is God se huisgesin hier plaaslik,” vertel ds. Lee. “Dit beteken dat ons meer dit moet word wat ons reeds is: Broers en susters, in beproewinge en meelewing een, kinders van dieselfde Vader, wat alleen die Waarheid van die Skrif aankleef.”

En sy wens vir die GKSA? ”My gebed is dat ons nie ons eerste liefde – die Waarheid van die Woord – sal versaak nie.”

Die drie Lee-broers met Hardus se bevestiging

Van links: Di. Jan-Louis, Hardus en Hannes Lee in die Gereformeerde Kerk Derdepoort waar Jan-Louis vir Hardus in November 2017 bevestig het. Ouboet Hannes was toe predikant van Ladybrand. Hy het intussen die beroep na GK Messina aanvaar. (FOTO: Facebook)

Jan-Louis is een van drie broers in die bediening: ouboet Hannes het GK Ladybrand sedert November 2012 bedien, maar in 2019 die beroep na GK Messina aangeneem, en Hardus GK Derdepoort (Pretoria) sedert November 2016. Hy vertel dit was sy voorreg om Hardus in die amp te bevestig, ’n geleentheid wat Hannes ook kon bywoon.

Ds. Lee en Willemien Steyn, die dogter van Wimpie en Janie Steyn van Krugersdorp, is op 17 September 2010 getroud. Willemien het grootgeword in die GK Krugersdorp, waar wyle ds. Arnold Mulder van 1986 tot 2008 predikant was.

Jan-Louis en Willemien

Jan-Louis en Willemien Lee in Maart 2020 aan die vooraand van sy 33ste verjaardag. (Foto: Facebook)

Die Lee-egpaar het drie spruite: Wihann (8), Janie (word 6 in Mei) en Heinrich, wat in Junie vier word.

Willemien is ’n wiskundeonderwysers, “wat beteken dat sy heerlik gaan wiskundehuiswerk verduidelik wanneer die tyd naderkom”, skerts ds. Lee, “want ek het net-net wiskunde deurgekom”.


PB 05

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s