9 Maart 2007 | Dr. Henk Denkema oorlede

Ou_kerkgebou_van_die_Gereformeerde_kerk_Johannesburg-Suid,_29_Desember_2017,_Morné_van_Rooyen

Dr. Henk Denkema was predikant van Johannesburg-Suid van 1967 tot 1981, sy tweede gemeente. Die gemeente het intussen hul kerkgebou in Turffontein (foto) verkoop en na die ou GK Klipriviersberg se kerk in Oakdene verhuis.

Ywerige verkondiger van die evangelie sterf

Dr. Hendrik Denkema was tussen 1962 en 2000 predikant in vier gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.

Nadat hy sy studie aan die Teologiese Skool Potchefstroom voltooi het, het dr. Denkema sy bedieningstyd as predikant in 1962 in die myngemeenskap van Westonaria begin. Ná vyf daar het hy in 1967 ’n beroep na die Gereformeerde kerk Johannesburg-Suid aanvaar, waar hy tot in 1981 gewerk het.

Dr Henk Denkema

Dr. Henk Denkema.

Toe is hy na die Gereformeerde kerk Welkom, die enigste keer dat hy in ’n gemeente buite die Witwatersrand gearbei het, waar hy op 13 Januarie 1982 ontvang is. Net vier jaar later het hy ’n beroep aangeneem na die Wes-Rand toe hy predikant word van die Gereformeerde kerk Krugersdorp-Oos.

Dr. Denkema het in 2000 geëmeriteer. In sy laaste jare het hy hulpdiens in gemeentes verrig, tot hy ná ’n motorongeluk waarvan hy wonderlik herstel het, hom in Pretoria gevestig het. Hy is oorleef deur sy vrou, Riana, en kinders.

Dr. Henk Stoker skryf in ds. Denkema se lewensberig in die GKSA se Almanak vir die jaar 2008: “Almal wat dr. Henk Denkema geken het, weet dat daar vir hom twee passies in sy bediening was, naamlik die opbou van die gemeente wat die Here aan sy sorg toevertrou het, en die uitbou van die koninkryk van ons God en Verlosser.

“Wat die opbou van die gemeente betref, was hy ’n man wat met erns en oorgawe gepreek en gebid het. Hy was ook ’n pastor by wie ’n mens duidelik kon sien hoe lief hy vir sy mense was. Wat die uitbou van die koninkryk betref, is daar min predikante wat met soveel ywer die blye boodskap aan almal wou bekend maak as dr. Henk.

“Aan die Wes-Rand waar ek sy buurman was (in Witpoortjie van 1988 tot 1995), het ek hom hoeveel keer met deernis en opgewondenheid hoor praat oor die mense wat hy op gereelde basis in die gevangenis besoek het. Op Sondae het hy na Krugersdorp se parke gegaan en net daar die evangelie verkondig aan hulle wat daar rondlê.

Vierdejaars van die Teologiese Kweekskool 1961.jpg

Henk Denkema (links agter) en sy klasmaats in die vierde jaar aan die Teologiese Skool Potchefstroom (1961).

“’n Keer het hy vir my vertel dat hy uitsien na sy verloftyd wat kom, want nou gaan hy nog meer tyd hê om mense in die parke en op straat te bereik. Begrafnisse was vir hom geleenthede om die evangelie te bring aan mense wat nie noodwendig gereeld in ’n kerkgebou kom nie.

“Selfs op sy sterfbed in die hospitaal het hy vir die dokter gevra of dié se saak met die Here reg is.”

Facebook-kommentaar

Chris Buys

Chris Buys Ek kan hom onthou toe hy in Welkom was. Wat my baie getref het was ‘n preek oor sang. Hom weer ontmoet toe hy Krugersdorp Noord was. Hom baie sien stap as hy besig was om voorteberei vir sy preek.

Susan Meyburgh
Susan Meyburgh Het geloofsbelydenis by hom afgelê en was ook deur hom in die huwelik bevestig, kan onthou dat hy so opgewerk geraak het tydens sy preke in Jhb. Suid dat hy hard op die preek stoel geslaan het, hy het werklik probeer om deur te dring tot gemeentelede.

PB 04

3 thoughts on “9 Maart 2007 | Dr. Henk Denkema oorlede

  1. Morne, jy het genoem dat daar geen advertensies op hierdie blog is nie, maar ek kry wel advertensies van boeke wanneer ek die bladsy oopmaak uit my e-pos skakel, bv. vandag van Steven J. Lawson se The Moment of Truth.

    Like

    1. Ina, dis die advertensies wat WordPress (wat die blog huisves) op die blaaie plaas omdat ek die gratis plan gebruik. Sodra ek hulle daai R1 150 per jaar begin betaal, sal hulle hul advertensies verwyder.

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s