21 April 1953 | Prof. B.J. de Klerk oorlede

Algemene_Sinode_van_die_Gereformeerde_Kerke_in_Suid-Afrika_op_Rustenburg,_4_April_1924,_onder_die_seringboom_waaronder_die_Kerk_in_1859_gestig_is_en_met_prof_HH_Kuyper_as_deputaat_van_die_Geref_Kerke_in_Ned.jpg

Die Algemene Sinode van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op Rustenburg, 4 April 1924, onder die seringboom waaronder die Kerk in 1859 gestig is, en met prof. H.H. Kuyper as deputaat van die Geref. Kerke in Nederland. Eerste ry: A.S.E. Yssel, C.W.M. du Toit, J.V. Coetzee, J.G.H. van der Walt, J.H. Boneschans, J.C. van der Walt. Tweede ry: D.P. du Plessis, D. Rumpff, T. Hamersma, D. Postma, M. Postma, prof. H.H. Kuyper, L.P Vorster, proff. J.D. du Toit, J.A. du Plessis, I.D. Kruger. Derde ry: D.N. Kotzé, N.H. van der Walt, A. Duvenage, J.A. van Rooy, C.J.H. de Wet, B.J. de Klerk, W.J. de Klerk, G.H.J. Kruger, D.G. Venter, H.P.J. Pasch. Vierde ry: F.P.J. Snyman, H.J. Venter, P.J.S. de Klerk, H.S. van Jaarsveld, H.J.R. du Plessis, J.H. Kruger.

Predikant sterf skaars ’n jaar nadat hy professor word

Prof. dr. Barend Jacobus de Klerk was predikant in vier gemeentes of kombinasies en daarna vir ’n kort rukkie hoogleraar aan Teologiese Skool Potchefstroom.

Prof_BJ_de_Klerk (1)

Prof. dr. B.J. de Klerk.

De Klerk is op 22 Augustus 1904 op Burgersdorp gebore as die seun van Jacobus Johannes de Klerk en Anna Susanna Labuscagne. In 1930 voltooi hy sy studie aan die Teologiese Skool en die PUK, waar hy agtereenvolgens die grade B.A., M.A. en B.D. behaal en in sy kandidaatseksamen geslaag het.

Marietjie_de_Klerk_(gebore_Van_der_Walt)

Marietjie de Klerk, prof. De Klerk se tweede vrou, het haar man met 61 jaar oorleef.

In 1935 vertrek hy met sy gesin na Nederland, waar hy aan die Vrije Universiteit onder prof. V. Hepp studeer en in 1937 die doktorsgraad behaal met ’n proefskrif oor “Vorme en karakter van die Biblisisme”.

 

As predikant het hy agtereenvolgens die volgende gemeentes bedien: Dordrecht, Indwe en Maclear (1931–1939), Middelburg, Kaap, (1939–1944), Kroonstad, Theunissen en Odendaalsrust (1944–1945) en Bloemfontein (1945–1952).

Vanaf April 1952 tot sy dood ’n jaar later was hy professor in apologetiek en Christelike etiek aan die Teologiese Skool. Hy het in verskillende deputategroepe gedien en was etlike jare lank raadslid van die PUK vir CHO. Die belange van land en volk het hom na aan die hart gelê.

Hy het onder meer gedien in die sentrale komitee vir die reëling van die Van Riebeeck-fees. Hy het ook lewendig belanggestel in die onderwys en was onder andere voorsitter van die Bloemfonteinse Skoolraad.

Ds_en_mev_BJ_de_Klerk.jpg

Ds. B.J. en mev. Marietjie de Klerk, sy tweede vrou, en vermoedelik hul dogter op haar troudag op Middelburg, Kaap. Hy was die plaaslike Gereformeerde leraar van 1939 tot 1944.

In 1931 is hy getroud met Irene Bouman. Uit die huwelik is twee seuns en ’n dogter gebore. Ná haar dood het hy in 1944 in die huwelik getree met Maria (Marietjie) van der Walt van Middelburg, Kaap. Uit dié huwelik is ook twee seuns en ’n dogter gebore.

Drie van die seuns het in hul vader se voetspoor gevolg:

  • Pieter Bouman de Klerk was tussen 1957 en sy aftrede in 1998 agtereenvolgens leraar van Aliwal-Noord, Noord-Durban/Empangeni, Noord-Durban, Koedoesrand en Stilfontein. Hy is oorlede op 9 April 2015.
  • Jacobus Johannes de Klerk was tussen 1968 en sy aftrede in 1998 agtereenvolgens leraar van Theunissen, De Aar en Boksburg-Suid. Hy is oorlede op 17 Junie 2002.
  • Dr. Barend Jacobus de Klerk was tussen 1970 en 1997 agtereenvolgens leraar van Gobabis, Cachet, Randburg-Oos en Potchefstroom-Noord. Intussen was hy van 1981 tot 1984 direkteur van die PU vir CHO se studenteburo en eindelik van 1998 tot sy aftrede in 2010 professor aan die Teologiese Skool in Potchefstroom.

Uit prof. dr. De Klerk se pen het verskyn: Meetsnoere van die jeug, Die Roomse gevaar en Vorme en karakter van die Biblisisme.

Facebook-kommentaar

Piet Koelewyn
Piet Koelewyn My oupa Piet de Weerdt was die De Klerk gesin se ouderling tydens hulle verblyf in Nederland. Op advies van Ds de Klerk het hy met sy gesin van twaalf kinders na Suid Afrika verhuis.

reklame grootpad grondpad

One thought on “21 April 1953 | Prof. B.J. de Klerk oorlede

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s