2 Mei 1990 | Ds. H.J. Boshoff oorlede

Professore_en_studente_van_die_Teologiese_Skool_Potchefstroom,_1947.jpg

Professore en studente van die Teologiese Skool Potchefstroom, 1947. Eerste ry: B. Duvenage, G.P. Scheepers, M.J. Booyens, prof. S. du Toit, prof. W.J. Snyman, prof. J.D. du Toit, prof. J.P. Jooste, P.W. Buys, C. Hattingh, F.W. Buytendach. Tweede ry: I.J. van der Walt, J.J. van der Walt, L.S. Kruger, P.J. Opperman, J.M. Opperman, E.J.G. Norval, P.G. Geertsema, C.H. Smit, H.J. Kruger, P. Snyman, H. Pelser, P.C. Rule, M.W. van der Walt. Derde ry: Z.C. Grobler, G.L. van der Walt, A.P. Malan, B. Spoelstra, H.A. Louw, H.J. Boshoff, L.J. Buys, A.J. Pelser, W. Venter, G.H.J Kruger.

Roepingsbewuste predikant sterf op 67

Ds. Hendrik-Jan Boshoff was tussen 1949 en 1985 predikant in vier kombinasies of gemeentes van die Gereformeerde Kerk en in een sendingwerkkring.

Ds_HJ_Boshoff.jpg

Ds. Hendrik-Jan Boshoff.

Hendrik-Jan Boshoff is op 12 Desember 1922 gebore. In 1949 is hy deur die nasionale sinode geëksamineer en beroepbaar gestel. Nog in daardie jaar is hy bevestig in sy eerste gemeente, Piet Retief, maar reeds in die volgende jaar het hy ’n beroep aanvaar na Philipstown.

Twee jaar later vertrek hy na Petrusburg in die Oranje-Vrystaat en bly daar tot 1955, toe hy die beroep aanneem na Bergsig in Pretoria, waar hy die eerste leraar was. Dié keer bly hy 12 jaar, want in 1967 aanvaar hy ’n beroep as sendeling van die Laeveld-kombinasie.

Sy laaste werkkring was die kombinasie Theunissen/Brandfort, van 1975 tot hy sy emeritaat 10 jaar later in 1985 aanvaar het. Hierna het hy en sy vrou, Baba, hulle op Heidelberg, Tvl., gevestig, maar hy is net ’n kort aftrede van nagenoeg vyf jaar gegun.

GK Brandfort (3).JPG

Ds. Boshoff se laaste werkkring was die kombinasie Theunissen/Brandfort van 1975 tot sy emeritaat in 1985.  Van Brandfort se kerkie het ds. P.J. Coetzee die hoeksteen op 13 Desember 1958 gelê.

Hy en sy vrou was op verskeie terreine aktief. Sy vrou, wat ’n doktorsgraad in opvoedkunde gehad het, het weer begin skoolhou. Ds. Boshoff het nog dikwels die Woord in ander gemeentes gaan bedien. In 1989 het hulle na Pretoria verhuis.

Sy laaste Woordbediening was in gemeente Wonderboom-Suid. Ná die aanddiens het hy vir sy vrou gesê hy voel moeg. Nadat hulle tuis gekom het, het hy ’n ernstige beroerteaanval gehad. Hy is in die hospitaal opgeneem en is die Woensdag oorlede.

Sy weduwee, Baba, is op 8 September 2018 oorlede.

Ds. Louis Buys het in ds. Boshoff se lewensberig in die GKSA se Almanak van 1991 geskryf hy het hom as ’n ernstige en toegewyde mens leer ken en as ’n goeie vriend.

“Hy het sy roeping, reeds as student, met alle erns bejeën, en saam met Baba, sy eggenote, het hulle vrugbare diens gelewer in die verskillende gemeentes waar hulle opgetree het. Hy was ’n harde werker, en kon hom so met oorgawe toelê op die dinge wat vir hom eerste moes kom.”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s