7 Mei 1949 | Brakpan-kerk in gebruik

Gewese_Gereformeerde_kerk_Brakpan,_30_Desember_2017,_Morné_van_Rooyen.jpg

Die kerkgebou einde 2017.

Lidmate hou optog van ou na nuwe kerkgebou

Die gemeente Brakpan is in 1926 op ’n gemeentevergadering van Germiston afgestig. Op Saterdag 10 Julie 1926, op die eerste kerkraadsvergadering bestaande uit vier ouderlinge en drie diakens, is ’n kerkboufonds gestig.

Intussen is eredienste in die saal van die NG Gemeente Brakpan gehou. Kort daarna, op 26 Augustus daardie jaar, het die kerkraad besluit om twee erwe teen £80 elk van die Kompanjie Brakpandorp te koop. Presies ’n dag en ’n jaar later (27 Augustus 1927) het die gemeente besluit om tot kerkbou oor te gaan.

GK Brakpan.jpg

Die foto’s van die binne- en buitekant van die kerkgebou wat in Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke verskyn.

J.J. Vorster, ’n lidmaat van die gemeente, se tender vir £1 055 is aanvaar en elke lidmaat moes binne ses maande £10 vir die boufonds bymekaarmaak.

Sowat 20 jaar lank het die ou kerk die gemeente gehuisves, maar mettertyd het dit te klein geword. In die nadraai van die Tweede Wêreldoorlog, toe boubeperkings gegeld het, het die kerkraad op 14 November 1946 om ’n boupermit aansoek gedoen.

GK Brakpan. Ingebruikneming van die kerkgebou.jpg

’n Bladsy uit waarskynlik ’n gedenkboek van GK Brakpan.

Dr. S.J. van der Walt het daarna op 1 Mei 1948 die hoeksteen van die nuwe kerk gelê. Die argitek was weer ’n Gereformeerde lidmaat, J.J. van Tonder, Brakpan se stadsingenieur. Die bouaannemer, eweneens ’n plaaslike lidmaat, was A. Boot.

 

Op 7 Mei 1949 het die gemeente van die ou na die nuwe kerkgebou gestap om dit amptelik in gebruik te neem. ’n Statebybel en ’n Afrikaanse Bybel is die vier straatblokke saamgedra na die nuwe gebou op die hoek van Bekker- en Schuttestraat, genoem na ds. J.A. Schutte, die gemeente se eerste voltydse leraar. Hy het ook in die stadsraad gedien en is daarom vernoem.

Gereformeerde_kerk_Brakpan-Suid,_30_Desember_2017,_Morné_van_Rooyen.jpg

Brakpan-Suid se kerk en saal.

Nadat Brakpan en Brakpan-Suid in 2013 saamgesmelt het, het die saamgestelde gemeente Brakpan-Suid se kerkkompleks begin gebruik. Die argitektonies en histories waardevolle Brakpans Gereformeerde kerk word nou deur Grace Bible Church gebruik.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s