14 Mei 1853 | Bettie Spiller gebore

Postma Ds M en gade

Ds. Martinus Postma en sy eerste vrou, Elizabeth, gebore Spiller. Sestien kinders is uit hul huwelik gebore, van wie twee babaseuns doodgebore is en agt oorlede is voor hul vader in 1926.

Ds. Martinus Postma se eerste vrou aanskou lewenslig

Elizabeth (Bettie) Spiller is op hierdie dag in 1853 op Burgersdorp in die Kaapkolonie gebore en oorlede in Pretoria op 12 Augustus 1907.

Sy was die eerste vrou van ds. Martinus Postma, Gereformeerde predikant van Middelburg, Kaap, en later van Fordsburg, Johannesburg.

Ds_Martinus_Postma_en_sy_familie.jpg

Ds. en mev. Postma, hul kinders, skoon- en kleinkinders. Ds. Dirk Postma van Burgersdorp sit regs met die baba op sy skoot. Sy vrou, Alida, staan regs van hom. Prof. Ferdinand Postma staan derde van links. Sy vrou, Margaretha, hou hul eersteling vas.

Martiens (soos hy bekendgestaan het) en Bettie Spiller is op 17 Julie 1876 in die ou Gereformeerde kerk op Burgersdorp getroud. In die geslagsregister in hul Familiebybel het haar wewenaar geskryf: “Miijne geliefde echtgenoote Elizabeth Wilhelmina Jossina Spiller is ontslapen in Christus te Pretoria op den 12 Augustus 1907 en aldaar begraven.” Sy tweede vrou was Hester, die weduwee van ds. C.J.H. Vorster, wat oorlede is in Angola op 20 Mei 1899.

Weens die druk werksaamhede van haar man het sy haar veral besig gehou met die opvoeding van hul kinders. Net ses, onder wie die onderwyseres Adelaide (getroude van Van der Reyden), het nog gelewe ten tyde van hul vader se dood in 1926.

Postma Familiebybel geslagsregister 1.jpg

Die eerste bladsy van Martiens en Bettie Postma se geslagsregister in hul Familiebybel.

Vir die beginsel van Christelik-nasionale onderwys het sy en haar man alles feil gehad. Die hoogtes wat haar kinders in die kerk en samelewing bereik het, was in ’n groot mate aan haar opofferings te danke.

Ds_Martinus_Postma_se_seuns_Dirk,_Ferdinand_en_Robert.jpg

Martiens en Bettie Postma se drie oudste seuns, Dirk (gebore 5 Mei 1877), Robert (7 Mei 1887) en Ferdinand (5 Julie 1879).  Robert is die eerste oorlede, op 13 Junie 1922 te Auckland Park, weens die gevolge van myntering.

Twee van haar seuns, Dirk en Ferdinand, het hulle as teoloë onderskei. Ds. Dirk Postma was predikant van die Gereformeerde Kerk Burgersdorp van 1906 tot 1940 en die vader van ’n selfs groter gesin as sy ouers, want 13 van sy en sy eerste vrou, Johanna Alida Coetsee, se 15 kinders het grootgeword.

Postma Familiebybel geslagsregister 2.JPG

Die tweede bladsy van Martinus en Bettie Postma se geslagsregister in hul Familiebybel.

Ferdinand, Martinus en Bettie se tweede kind wat sy kinderjare oorleef het, was die eerste rektor van die PUK vir CHO. Uit sy huwelik met Margaretha Coetsee van Middelburg, Kaap, is agt kinders gebore.

 

2 thoughts on “14 Mei 1853 | Bettie Spiller gebore

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s