16 Mei 1953 | GK Carletonville gestig

gk_carltonville_2.jpg

Die Gereformeerde Kerk Carletonville se kerkgebou. (FOTO: Gustav Opperman)

Gemeente aan Verre Wes-Rand 65 jaar oud

Met die Gereformeerde Kerk Carletonville se stigting op hierdie dag, 65 jaar gelede, in ’n asbesgebou wat as skoolsaaltjie gedien het, het die gemeente dadelik besef hoe dringend ’n kerkgebou nodig was. Dit was egter onduidelik hoe dit sou gebeur en waar die geld vandaan sou kom.

Hoeksteen_van_die_Gereformeerde_Kerk_Carletonville.jpg

Die kerk se hoeksteen wat ds. C.M.J. van Vuuren op 7 Mei 1955 gelê het, twee jaar en nege dae ná die gemeente se stigting. (FOTO: Slabbert le Cornu)

Die skoolsaal van die Laerskool Danie Theron, wat nie elektriese beligting gehad het nie, moes vir eers voldoen. Op een van die drie erwe wat Carletonville gekry het by GK Buffeldoorns, van wie afgestig is, is in 1954 ’n pastorie gebou wat solank die predikant kon huisves.

Die eerste predikant, ds. C.M. (Fires) Janse van Vuuren, is op 20 November daardie jaar bevestig. Die kerkraad wou ’n kerk op Carletonville laat oprig, maar die gemeente het verkies dat die gebou op Fochville gebou word.

Vierdejaarstudente_aan_die_Teologiese_Skool_Potchefstroom,_1951.jpg
Die vierdejaarstudente van 1951 aan die Teologiese Skool Potchefstroom.Van links: Fires van Vuuren (GK Carletonville se eerste predikant), Ben Lombard en Platbos du Plessis.

 

Ds. Janse van Vuuren het op 7 Mei 1955 die hoeksteen gelê van die kerk op die hoek van Pewter- en Topazplek, Carletonville. Dit bied sitplek aan 350 kerkgangers en argitek was Beyers Hartman. Die gebou is op 8 Oktober daardie jaar in gebruik geneem.

Slabbert le Cornu.jpg
Ds. Slabbert en mev. Dorothea le Cornu en hul kroos voor die kansel van Carletonville se kerk. Hy bedien die gemeente sedert 2007. (FOTO: Facebook)

 

Die volgende voorwaartse stap was die bou van ’n kerksaal. Die susters het dié ideaal deur hul harde werk help verwesenlik en duisende koeksisters vir geldinsameling gebak; op ’n keer is selfs 730 dosyn aangeteken. Hierdie saal is op 1 Oktober 1977, tydens ds. A.H. Mulder se tyd, in gebruik geneem.

Predikante

  • Janse Van Vuuren, Cornelius Marthinus (Fires), 1954 – 1964
  • De Bruyn, Frans Roelof Petrus, 1964 – 1974
  • Mulder, Arnoldus Henderikus, 1974 – 1986
  • Kruger, Izak Jacobus Vorster, 1986 – 2000
  • Van der Merwe, dr. Rudolph Marthinus, 2000 – 2006
  • Le Cornu, Slabbert, 2007 – hede

One thought on “16 Mei 1953 | GK Carletonville gestig

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s