29 Mei 1889 | Ds. Jan Boneschans gebore

Ds_JH_Boneschans,_sy_seuns_en_skoonskeuns.jpg

Ds. Boneschans, sy seuns (voor) en skoonseuns (agter). Voor (van links): Jan, Hendrik, (vader van ds. J.H. Boneschans jr.), ds. Jan Hendrik sr., Herman, Eildert. Agter (van links): Frikkie Gouws, Henk Markgraaf, Nico Gey van Pittius, Thys Pienaar en Frikkie Potgieter.

Nederlandse immigrant word predikant in Suid-Afrika

Ds. Jan Hendrik Boneschans was tussen 1915 en 1955 leraar in nege gemeentes of kombinasies van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.

Ds_Jan_hendrik_Boneschans.jpg

’n Bloedjong ds. Jan Boneschans.

Jan Boneschans is in Oostwold, Leek, Groningen gebore, maar het minstens ’n deel van sy hoërskoolloopbaan voltooi aan die Voorbereidende Skool op Potchefstroom, waar hy ook sy opleiding as predikant aan die Teologiese Skool ontvang het.

Teologiese_Skool_Burgersdorp_1904

Die laaste groep professore en studente van die Teologiese Skool Burgersdorp, 1904. Voor v.l.n.r.: D.J. du Plessis, J.J.A. Coetsee, P. Coetzee, S. Vorster, J.H. Kruger, R.S. Postma. Middel: J.H. Boneschans, H.J.R. du Plessis, prof. Ferdinand Postma, prof. Jan Lion Cachet, prof. Dirk Postma, J.H. Kruger, T.N. Venter. Agter: H.J.J. van der Walt, J.C. van der Walt, B.J.M. Kruger, H.P.J. Pasch, J.P. van der Walt, D.P. du Plessis, B.R. Grobler en P.W. Bingle.

In 1915 is hy bevestig in Petrusburg, sy eerste gemeente. Hy was die eerste van die 10 predikante in die eerste eeu van die gemeente se bestaan wat hul loopbaan hier begin het. In 1917 het hy ’n beroep aangeneem na die kombinasie Frankfort, maar het ook daar net twee jaar gebly. Sy derde gemeente was Germiston van 1919 tot 1923, waar hy nes in Frankfort die gemeente se eerste leraar was.

Twee_bladsye_uit_ds_Jh_Boneschans_se_dagboek,_Januarie_1935.jpg

’n Uittreksel uit ds. Boneschans se dagboek van 1935 toe hy predikant was van Germiston.

Sy eerste gemeente in die destydse Kaapprovinsie was Venterstad van 1923 tot 1926, toe hy terugkeer na Transvaal as leraar van die kombinasie Middelburg. Ná sy vyfde kort bediening, dié keer net sowat twee jaar, keer hy in 1928 terug na Germiston en bly daar tot 1946.

Gereformeerde_Kerk_in_Suid-Afrika_se_Algemene_Vergadering_van_die_Kaapprovinsie,_1926.jpg

Die Algemene Vergadering van die Kaapprovinsie in sitting te Aliwal-Noord, 1926. In die middelste ry sit van links: P.J du Plessis, ds. J.H. Boneschans, dr. E.L.J. Venter, ds. D. Postma, ds. T. Hamersma, ds. J.G.H. Van der Walt, ds. D.G. Venter, ds. H.S. van Jaarsveld, W. Buys en J.A. Venter.

Sy laaste drie gemeentes was Colesberg van 1946 tot 1948, Lindley tot 1953 en eindelik Viljoenskroon, tot hy sy emeritaat in 1955 aanvaar het. Hy is sowat 12 jaar later op 3 Augustus 1967 in Germiston oorlede.

Ds. Boneschans was getroud met Geertruida Maria Luitinger. Hul oudste seun, Hendrik, se seun, ook Jan Hendrik (gebore 4 Augustus 1938), was predikant in drie Gereformeerde gemeentes tot sy dood op 27 Oktober 1971 in die ouderdom van net 33 jaar: Eloffsdal-Wonderboom-Suid 1964–1965, Pretoria-Annlin 1965–1969 en toe Salisbury.

Boneschans Ds JH Dienstydperk 1915-1955 414.jpg

Ds. Boneschans later in sy loopbaan.

Vier dogters is uit die huwelik gebore. Hiltje (getroude van Gey van Pittius), Janna Ludgerdina (getroude van Potgieter, gebore 21 Augustus 1919), Geertruida Maria (getroude van Markgraaff, gebore 12 September 1922) en Hester Maria (gebore op 26 Januarie 1925, maar vyf dae later op 31 Januarie oorlede). Die seuns was Hendrik, Herman, Eildert en Jan.

One thought on “29 Mei 1889 | Ds. Jan Boneschans gebore

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s