5 Junie 1900 | Die vyand neem Pretoria in

Postma ds P & eggenote geneem op Ceylon met bediende A15.jpg

Ds. Petrus Postma en sy eerste vrou, Maria Johanna Aletta Coetsee, gebore Venter, afgeneem in ballingskap in Ceylon.

Kerkraadslede behartig gemeente se sake

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) is ds. Petrus Postma, Pretoria se Gereformeerde predikant van 1882 tot 1904, as krygsgevangene na Ceylon gestuur en moes diak. Hendrik Herman die kerksake met behulp van oudl. Turkstra behartig.

Oom Hendrik Hermann was 40 jaar kerkraadslid van die Gereformeerde Kerk Pretoria en een van die manne wat die gemeente opgebou het.

campirene.jpg

’n Deel van die Irene-kamp.

Hy het die Eerste Vryheidsoorlog (Desember 1880 tot Maart 1881) meegemaak en was lid van pres. Paul Kruger se lyfwag toe die staatspresident met die Engelse in Natal onderhandel het. Hy het aan verskeie oorloë met die inboorlinge deelgeneem en in die Tweede Vryheidsoorlog is hy aangestel as kommandant van die Engelse krygsgevangenes wat aangehou is op Waterval, sowat 20 km oos van Pretoria.

Maj.genl. John French en kol. Ian Hamilton het hom in die oorlog, moontlik tydens die Slag van Elandslaagte op 11 Oktober 1899, gevange geneem. Met behulp van die Amerikaanse konsul en die hoofbestuurder van die Standard Bank het Hermann ’n paroolbrief gekry sodat hy in Pretoria kon bly.

Hendrik_Hermann.jpg

Oudl. Hendrik Hermann op gevorderde leeftyd.

Hierna moes hy sorg vir die talle vroue en hul kinders wie se man óf op kommando was óf as krygsgevangenes weggestuur is. Nadat die Britte onder lord Roberts Pretoria op hierdie dag ingeneem het, is dié mense na die Irene-konsentrasiekamp gebring, maar steeds moes Hermann en sy vrou self vir 18 kinders sorg. Hy het dit reggekry om gereeld dienste in die vrouekamp te hou.

Ná die oorlog het hy ouderling geword nadat hy tot dusver diaken was, en is dikwels afgevaardig na meerdere vergaderings (sittings van die klassis, partikuliere sinode of algemene sinode). Met behulp van ds. Pieter Bos, die eerste sendeling van die Gereformeerde Kerke, het hy ’n gemeente vir bruin lidmate gestig op Middelbult, ’n plaas van F.C. Eloff (Ryk Freek), ’n skoonseun van pres. Paul Kruger.

Ds_Derk_Rumpff_in_1924_op_reis_saam_met_die_Nederlandse_teoloog_HH_Kuyper.jpg

Dr. Abraham Kuyper se seun prof. H.H. Kuyper (naasregs) in 1924 op reis in Suid-Afrika saam met ds. Derk Rumpff (regs). Oudl. Hermann sit naaslinks.

Die naamlose skrywer wat sy lewenskets bygedra het tot die GKSA se Alkmanak van 1934, het geskryf: “(O)fskoon hy die laaste tyd verswak, is hy ’n voorbeeld van Ps. 1:3: En hy sal wees soos ’n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verdroog nie; en alles wat hy doen voer hy voorspoedig is.”


Bakkes

One thought on “5 Junie 1900 | Die vyand neem Pretoria in

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s