27 Junie 1931 | Ds. Jan Coetzee gebore

Vierdejaarstudente_aan_die_Teologiese_Skool_Potchefstroom,_1954

Ds. Jan Coetzee staan regs op dié foto van die vierdejaars van 1954 van die Teologiese Skool Potchefstroom. Voor (van links): P.C. Kruger, C.J. Malan, J.A. Jooste, N.J. Grobler. Agter (van links): N. Malan en N.J.P. Coetzee.

Jare lank predikant van GK Pretoria-Meintjeskop

Ds. Johannes Petrus Coetzee was tussen 1955 en 1999 predikant in twee gemeentes van die Gereformeerde Kerk.

Jan Coetzee was die seun van M.J. Coetzee. Hy het sy opleiding ontvang aan Hoërskool Nylstroom, die PU vir CHO en Teologiese Skool Potchefstroom, waar hy in 1954 saam met nog vyf studente afstudeer het.

Ná universiteit is hy na sy eerste gemeente, Bethal, beroep en in 1955 daar bevestig. Op Bethal het hy gedien in die plaaslike kultuurvereniging asook die musiekvereniging. Van daar is hy in 1963 na Pretoria-Meintjeskop, waar hy die volgens 36 jaar sou bly tot hy sy emeritaat in 1999 aanvaar het toe hy reeds nagenoeg 68 jaar oud was.

’n Lang aftrede is hom nie gegun nie, want op 24 Julie 2005 is hy in die ouderdom van 74 jaar oorlede.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s