8 Julie 1921 | Ds. P.W. Bingle na Venterstad

Kerkraad_van_die_Gereformeerde_kerk_Colesberg,_1921,_met_ds_PW_Bingle.jpg

Ds. Pieter Bingle en Colesberg se kerkraad in 1921. Hulle het hom aangespoor om die beroep na Venterstad aan te neem nadat hy met sy kinders se niggie getrou het.

Colesberg spoor hul predikant aan om beroep te aanvaar

Ds. Pieter Bingle (1883–1923) was predikant van Colesberg van 1910 tot 1921 en daarna tot sy afsterwe in die ouderdom van 39 jaar van Venterstad.

In die gemeente van Colesberg het die Griepepidemie van 1918-’19 net ’n geringe versteuring gebring toe ’n Nagmaalsviering uitgestel moes word, maar die pastorie het dit ’n droewige slag getref toe mev. Albertje Bingle (née Coetzee) op 8 September 1919 daaraan oorlede is en ds. Bingle alleen met sy vyf kinders agtergelaat is.

Ds_PW_Bingle_die_oue.jpg

Ds. Pieter Bingle (1883–1923).

Ten tyde van haar dood was ds. Bingle self platgetrek deur die griep en moes die kindertjies sonder hom hul moeder se begrafnis bywoon. Vanuit sy siekbed kon hy die begrafnisstoet by die pastorie hoor verbyloop.

Dat sy ’n besonderse plek in die hart van die gemeente ingeneem het, blyk uit die besluit van die kerkraad om haar begrafniskoste te vereffen en ook ’n steen op haar graf te laat oprig, soos die notule dit stel: “Uit liefde en agting vir ds. Bingle en sy ontslape eggenote.”

Die Bingles was voorwaar ’n geliefde pastoriepaar, want toe ds. Bingle in Maart 1920 ’n beroep na Ladybrand-Ficksburg bedank, het die kerkraad met dank hiervan kennis geneem en hom verseker van hul hartlike samewerking.

Voor sy vrou se dood was het ’n niggie van die vyf kinders as diensmeisie in die pastorie gewerk. Ds. Bingle het besluit om met dié meisie, sy oorlede vrou se broerskind, te trou. Uit die huwelik is twee kinders gebore: Emmerentia Helena, op 3 Oktober 1923, sewe maande ná haar pa se dood, en Pieter Willem, op sy dag rektor van ’n kollege vir bruin mense by Crown Mines, Johannesburg.

Volgens oorlewering was die oudste kinders woedend oor sy tweede huwelik en die gemeente so ontstoke dat die kerkraad ds. Bingle aangespoor het om die beroep na Venterstad aan te neem. Die kleiner kinders, van wie die jongste net ses jaar oud was toe hul vader ook oorlede is, het ’n veelbewoë kinderjare as weeskinders gehad.

Grafsteen_van_ds_Pieter_Willem_Bingle,_Venterstad.JPG

Ds. Bingle is op Venterstad begrawe, sy tweede en laaste standplaas. Die grafskrif lui: “Gedenkt uwer voorgangeren, die u het Woord Gods gesproken hebben” (Hebreërs 13:7).

Op hierdie dag het hy afskeid van die kerkraad en gemeente van Colesberg geneem. Sy elfjarige bedieningstyd was vir die gemeente besonder geseënd. Met droefheid het Colesberg in 1923 kennis geneem van sy afsterwe op die 23ste Maart op Venterstad.

Sy oudste seun was 14 jaar tydens sy pa se dood aan inwendige bloeding (waarskynlik ’n gebarste blindederm). Hy is op Venterstad begrawe en nie by sy eerste vrou op Colesberg nie.

Facebook-kommentaar

Albertje Fouche
Albertje Fouche Die stiefma wat hul niggie was en bloedjonk het, en sy het ook ‘n seuntjie van 2 gehad en was swanger met haar tweede wat na my oupa se dood gebore is. Sy het haar doodgewerk om 7 weeskinders groot te maak op ‘n karige weduweepensioentjie. Ek sal jou vertel as ek ou weer sien. Ek het die grootste agting en respek vir haar gehad. Al die kinders het goeie opvoeding en geleerdheid gekry.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s