8 Julie 1962 | Dr. Jac Howell gebore

Howell.jpg

Met dr. Jac Howell se bevestiging op 13 April 2013 in die Gereformeerde Kerk Die Kandelaar. Van links:  Fanus (tweede oudste), Anél (derde oudste), Mart-Mari (jongste), Ina, Jac, Marelie (Johan se vrou) en Johan (oudste kind).

Moot-predikant en sy vrou wonderlike dissipels

Dr. Jacobus Hercules Howell het tussen 1991 en sy dood op 2 April vanjaar in vier gemeentes gedien: Potchefstroom-Suid 1991–1997, Brakpan-Suid 1998–2004, Heidelberg 2004–2013 en Die Kandelaar vanaf 13 April 2013.

Hy en sy vrou, Ina, het gesterf toe hul voertuig naby Rustenburg in ’n trompopbotsing met ’n geldwa betrokke was. Hulle was op pad terug Pretoria toe van ’n familienaweek op Swartruggens in Noordwes.

Van die mense wat hul simpatie in die sosiale media met die Howells se vier kinders (Mart-Mari, Anél, Fanus, Johan) en drie aangetroude kinders betuig het, was Koos van der Merwe: “Ons het ’n lang pad saam gestap as studentemaats.

Howells 2.jpg

Ina en dr. Jac Howell met sy bevestiging in die Gereformeerde Kerk Die Kandelaar. (FOTO: Facebook/GK Die Kandelaar)

“Lesley en Ina het ook saam skoolgehou en ons kinders was saam op universiteit. (Jac) het ’n besondere toegewydheid aan die Here. Ons het Ina se egte menswees en omgee waardeer.”

“Julle pa en ma was ’n voorbeeld van liefde, omgee en mooi Christenmense,” het Pieter Strauss geskryf. “Julle kan trots wees op hul voorbeeld en leef dit voluit uit soos hulle dit sou doen.”

’n Leser van Maroela Media, Olla, het onderaan die berig van hul dood geskryf: “’n Werklik voortreflike egpaar wat in God se aardse koninkryk gewoeker het met die baie talente en genade wat hulle ontvang het.”

“Hoe troos jy honderde lidmate?” het Anton en Gerda Jansen onderaan dieselfde berig geskryf. “Onder andere om Jac en Ina se nalatenskap te bewaar en daarop (voort) te bou.”

Een van dr. Howell se lidmate, Rian Engelbrecht, het in My Dopperdagboek vertel hy het as eiendomsagent met propedeut Jac en Ina in Potchefstroom gery op soek na ’n huis om te koop, toe word hy sy predikant.

“Doop een van my kinders en begrawe een. Ina wat as predikantsvrou nooit ’n lidmaat se verjaardag gemis het nie. Altyd ’n oproep van die pastorie of jy een jaar of 80 was.

“Jac wat met sy preke my Sondag vir Sondag onder die banke wou laat inkruip asof hy meer van myself weet as ek. Die wêreld is armer, maar twee wonderlike dissipels het die hemelse poorte binnegegaan.”

Facebook-kommentaar

Elsje Linde
Elsje Linde Môre, op 9 Julie, sou hulle 35 jaar getroud gewees het…Hulle was studentevriende van ons en is op dieselfde dag as ons getroud. Ons dink steeds aan die families.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s