6 Julie 2018 | Daan Eloff oorlede

Eloff familie.jpg

Daan en Cila Eloff se nasate. (Almal se van Eloff, tensy anders vermeld.) Agter: Casper, Leenster, Marietjie, Daan en Irma. Tweede ry: Tania Coetzer (née Eloff) en Louis Coetzer, Theuns, Chrizette, Suzette en Emmerie. Derde ry: Bosman, Cecile, Magriet, Braam Papenfus. Voor: Luan, Luzaan, Cecile Papenfus, Daniel en Clarindi Greef.

Oudprofessor van PUK onthou vir sy humorsin en lewenslus

“Hy was ’n man wat ’n passie vir die lewe gehad het en wat daarvan gehou het om stories te vertel,” is hoe prof. Daan Eloff se kleindogter Cecile Eloff hom onthou. “Sy sin vir humor was ’n kenmerkende eienskap en het almal aan die lag gehou. Ons sal hom altyd onthou.”

Daan Eloff is op 17 November 1926 gebore. Nadat hy sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Rustenburg voltooi het, het hy sy B.A. aan die PUK behaal. Later was hy dosent in sosiologie aan sy alma mater en het hy die departement van maatskaplike werk begin, waarvan hy hoof was tot sy aftrede in 1986.

Aan die PUK het hy sy vrou, Cila Bosman, ontmoet, met wie hy op 14 Augustus 1954 getroud is. Uit hul amper 54 jaar lange huwelik is vyf kinders gebore: Theuns, Casper, Daan, Marietjie en Bosman. Daar is 14 kleinkinders en ten tyde van prof. Eloff se dood reeds drie agterkleinkinders. In sy kinders en kindskinders se lewe het hy ’n groot rol gespeel.

“Wanneer ons saam vakansie gehou het, het ons deur die dag graag almal gelees en saans saam kaart gespeel,” onthou Cecile. “Sy liefde vir sy vrou en kinders, sy klein- en agterkleinkinders asook sy stukkie grond in Dwaalboom het hom na aan die hart gelê.”

Theuns hulle.jpg

Daan en Cila Eloff en hul oudste seun, dr. Theuns Eloff.

Daan en Cila Eloff was in die vyftigerjare lidmate van die Gereformeerde Kerk Noordbrug en in die daaropvolgende dekade van GK Potchefstroom-Noord. Nadat dié twee gemeentes in 2011 aan geword het as Potchefstroom-Die Bult, het die Eloffs tot omstreeks 2013 lidmate van die nuwe gemeente gebly.

Die afgelope vyf jaar is hulle lidmate van die Gereformeerde Kerk Krugersdorp nadat hulle op ’n kleinhoewe naby die dorp by hul seun Casper en skoondogter Leenster gaan woon het. Hier is hy op Vrydag 6 Julie 2018 aan natuurlike oorsake in die geseënde ouderdom van 91 jaar oorlede.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s