12 Julie 2018 | Danie Marman ter ruste gelê

GK Elsiesrivier.jpg

Die Gereformeerde Kerk Elsiesrivier in Commercialweg, Clarkes. (FOTO: Google Maps)

Baanbreker van Gereformeerde Kerk in Kaapse Skiereiland

 

’n Ware pionier van die Gereformeerde Kerk in die Kaapse Skiereiland, br. Danie Marman, wat die afgelope meer as 50 jaar van sy lewe gewy het aan die bediening van lidmate in Elsiesrivier en omgewing, is Vrydag 6 Julie kort ná middernag aan vermoedelik ’n hartaanval oorlede.

Reeds op 24 Julie 1942 het ds. Johan van Ryssen, die gemeente Kaapstad se eerste leraar, daarop gewys dat die gemeente toenemend sendingbewus geword het. Met die afstigting in 1957 van Bellville het dié gemeente en Kaapstad besluit om gesamentlik die sendende kerk te wees, met Grassy Park as die eerste werkterrein.

’n Belangrike mylpaal is in Mei 1958 bereik, toe die Sendingkommissie by die kerkraad aanbeveel het dat tot die instituering van ‘n selfstandige gemeente in Grassy Park oorgegaan word. Die aanbeveling het gelui dat daar genoeg lidmate is en die gawes met betrekking tot die ampte aanwesig is. Die stigtingsdatum is vir 28 Junie 1958 bepaal.

 
Danie Marman.jpg

Br. Danie Marman.

In 1965 het die kerkraad van Kaapstad die geweldige geestelike nood onder die bruin mense van die Skiereiland bespreek en is besluit om ’n nuwe sendingaksie in Bonteheuwel te begin. Br. D.J. (Danie) Marman is aangestel as sendinghelper, en ’n saal is in die aangrensende gebied Elsiesrivier vir R3 per maand gehuur.

’n Perseel is voorts in Bonteheuwel teen ’n nominale bedrag verkry op voorwaarde dat ’n kerkgebou binne twee jaar daar opgerig word. Die gemeente in Bonteheuwel het met ’n lidmatetal van 119 begin.

Op 26 Maart het Kaapstad en Bellville ooreengekom om hul kragte opnuut te verenig in ’n gemeenskaplike sendingaksie. Kaapstad het sy vreugde hieroor uitgespreek aangesien afsonderlike sendingaksies onprakties en minder doeltreffend sou wees.

In 1966 het die Klassis egter aanbeveel dat dit beter is om die sendingwerk van Kaapstad en Bellville te skei, aangesien groter spesialisasie beter vrugte sou afwerp. Die skeiding het op 21 Oktober 1966 in werking getree.

Br. Marman, wat ook in talle dele van Macassar en Atlantis gewerk het, is aan Bellville afgestaan, en die sendingterrein in Elsiesrivier is aan die gemeente Bellville toegesê.

Die werk daar was so geseënd dat Elsiesrivier op 20 Mei 1972 as selfstandige kerk van Grassy Park kon afstig. Op 1 Oktober is ’n kerkgebou deur die nuwe gemeente in gebruik geneem, terwyl ’n bedieningsooreenkoms met Grassy Park aangegaan is.

Br. Marman was tot sy dood by die kerk in Elsiesrivier betrokke.

 

 

One thought on “12 Julie 2018 | Danie Marman ter ruste gelê

  1. Ek dank die Here vir die dienswerk van Danie Marman! Mag almal wat hom liefgehad het die Here se troos ryklik ervaar! En mag almal wat Jesus as Here bely, so met ywer en toewyding Hom dien! Nico Botha, Randburg

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s