13 Julie 1950 | GK Bloemhof gestig

Gereformeerde_kerk_Bloemhof,_Morné_van_Rooyen,_27_Desember_2017.jpg

Die voormalige NG kerk Bloemhof-Oos, nou die Gereformeerde Kerk Bloemhof se kerkgebou.

Gemeente stig af van Wolmaransstad

Die Gereformeerde Kerk Bloemhof is die negende oudste van die 30 gemeentes in Klassis Noordwes. In 2000 was hier 48 belydende en 18 dooplidmate. Nou is dit 57 en 15. Ds. H.F. van Wyk bedien Bloemhof in kombinasie met Christiana.

In die 1920’s was hier ’n wyk vir delwers wat tot die Gereformeerde Kerk behoort het. ’n Sinkgeboutjie is as kerk gebruik. In 1928 het die delwers weggetrek en het die kerkgebou in onbruik geraak.

Volgens een weergawe is hier destyds ’n gemeente gestig wat toe ingelyf is by Wolmaransstad, waarvan dit afgestig het, maar die Almanakke van destyds maak nie melding daarvan nie, wat beteken dit was moontlik net ’n wyk.

Ou Gereformeerde kerk Bloemhof.jpg

Die ou Gereformeerde kerk op Bloemhof.

Op 13 Julie 1950 is die Gereformeerde Kerk Bloemhof toe opnuut gestig toe die wyke hier van Wolmaransstad afgestig het met 44 belydende lidmate. Van toe tot in 1961 is gebruik gemaak van die kerkgebou van die Nederduitsch Hervormde gemeente.

In daardie jaar het die lidmate hul eie kerk in gebruik geneem. Hierdie gebou is ontwerp deur ’n lidmaat, ene J.L. Pretorius. Die boumeester was K.G.E. von Moltke. Ds. Jansen van Vuuren du Plessis het die hoeksteen op 15 April 1961 gelê en in Junie daardie jaar is dit in gebruik geneem.

Intussen het die NG Gemeente Bloemhof-Oos in 1965 afgestig van die moedergemeente, wat reeds in 18790 gestig is as een van die oudste 100 gemeentes uit die meer 1 200 wat eindelik in dié kerkverband tot stand gekom het.

Maar weens ’n afname in die twee NG gemeentes se lidmaattal is die dogtergemeente in 2011 by die moedergemeente ingelyf, een van 10 NG gemeentes wat in daardie jaar ophou bestaan het. Die Gereformeerde kerk het die kans waargeneem om die Oos-gemeente se mooi kappiekerk te bekom en gebruik dit nou in die plek van hul ou kerkgebou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s