14 Julie 1904 | Pres. Paul Kruger sterf

19905128_10155658057981155_3415908315779812569_n.jpg

Die ontslape staatsman, afgeneem deur dr. Heymans kort ná sy dood om vyf minute oor die drie op die oggend van 14 Julie 1904.

Laaste boodskap van pres. S.J.P. Kruger aan sy volk

Gerig aan genl. Louis Botha
Clarens, Switserland.
29 Junie 1904

Waarde Generaal,

Dit is my ’n groot voorreg om die ontvangs te kan erken van U kabelgram van 23 Mei, en U brief van die 29ste van dieselfde maand, waarin die groete van die kongres, wat van 23 tot 25 Mei te Pretoria gehou is, aan my oorgedra word.

By alle treurigheid en leed wat my lot is, het hierdie groete my tot dankbaarheid gestem. En van ganser harte dank ek almal wat aan hulle ou Staatspresident gedink het waar hulle saamgekom het om oor die hede en die toekoms te beraadslaag, en daardeur getoon het dat hulle die verlede nie vergeet het nie.

Want, wie hom ’n toekoms wil skep, mag die verlede nie uit die oog verloor nie. Daarom: Soek in die verlede al die goeie en skone wat daarin te ontdek is, vorm daarna u ideaal en trag om vir die toekoms daardie ideaal te verwesenlik.

Dit is waar: Veel van wat opgebou is, is tans vernietig, verniel en gevalle. Maar met eenheid van wil en eenheid van kragte kan daar weer opgerig word wat tans in die stof lê.

Dit stem my eweneens tot dankbaarheid om te sien dat die eenheid, die eendragt, by u heers.

Vergeet nooit die ernstige waarskuwing wat lê in die woorde “verdeel en heers” en sorg dat hierdie woorde nooit op die Afrikaanse Volk van toepassing sal wees nie. Dan sal ons volk en ons taal steeds bloei.

Wat ek self nog daarvan sal aanskou of beleef, lê in Gods hand. Gebore onder ’n Engelse vlag, wens ek nie om daaronder te sterf nie. Ek het geleer om by die bittere gedagtes te berus dat ek as ’n balling in die vreemde die oê sal sluit, byna heeltemal alleen, ver van bloedverwant en vriende wat ek waarskynlik nooit weer sal sien nie, ver van die land waaraan ek my lewe gewy het om dit vir die beskawing te open en waar ek ’n eie nasie sien ontwikkel het.

Maar die bitterheid sal versag word as ek die oortuiging kan bly koester dat die werk waarmee begin is, voortgesit sal word. Want dan sal die hoop en die verwagting dat die einde van die werk goed sal wees, my staande hou.

So sy dit

Uit die diepte van my hart groet ek u en die ganse volk

S.J.P Kruger

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s