16 Julie 1969 | Maclear-kerk verbeter

Maclear 11 Februarie 2007.jpg

Kerkgangers in die kerkie op Maclear, 11 Februarie 2007.

Klein gemeente sien kans vir groot veranderings aan kerk

Teen die 1960’s was die kerkgebou, banke en preekstoel van die Gereformeerde kerk op Maclear in Noordoos-Kaapland in ’n swak toestand nadat onderhoud agterweë gebly het.

Die kerkbanke was baie ongemaklik en daar was geen orrel nie. Geld was maar skaars. Op hierdie dag is die planne vir restourasie goedgekeur. Dit het die volgende behels: Houtvensters is met staalvensters vervang en die konsistorie is met die uitbreek van die middelmuur vergroot.

Ou_NG_kerk_Maclear.jpg

Maclear se eerste NG kerkgebou, afgeneem omstreeks 1916. Die Gereformeerde kerk het dit ‘n tyd lank gedeel toe hulle Sondagmiddae dienste daarin gehou het voordat hulle hul eie kerkgebou (in ’n soortgelyke styl) kon bekostig.

’n Doeltreffende ingang sou voor aan die kerk by die hoofdeur aangebou word. Spoeltoilette sou agter die kerk gebou word, nuwe banke in die kerk ingesit en die elektriese ligte vervang word.

Voorts sou die preekstoel opgeknap word en die hele gebou geverf word. Ook sou aandag aan die verfraaiing van die terrein om die kerk gegee word. Geld geïn deur ’n deel van die kerkerf te verkoop, sou alle koste betaal.

Gereformeerde kerk Maclear.jpg

Die kerkgebou soos dit in 2008 gelyk het.

Die kerkbanke (sagtesitplek-teaterbanke) is in ’n fabriek in Johannesburg vervaardig. In hierdie tyd het die kerkraad van Johannesburg-Sentraal ingestem tot ’n grondruiltransaksie wat die gemeente se nypende geldtekort help verlig het. Die skaars 10 jaar oue gebou is gesloop en op dieselfde plek het die Total-sentrum verrys.

Dr. Machiel Venter van die Gereformeerde Kerk Randburg het reëlings getref dat die preekstoel as geskenk aan Maclear gegee word. Nuwe nagmaaltafels is gemaak by Fishers op Queenstown en betaal met ’n skenking van ’n oudlidmaat.

Destyds het Maclear 52 belydende en 22 dooplidmate gehad, die vyfde kleinste gemeente in Klassis Burgersdorp.

(BRON: Gedenkboek van die Gereformeerde Kerke Elliot en Maclear 1899–2007)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s