26 Julie 2015 | Ds. A.J. Coetsee oorlede

Ds_Abraham_en_mev_Hester_Coetsee_en_Hennie.jpg

Ds. Abraham en mev. Hester Coetsee en hul eersteling, Hennie.

Vrystater word predikant ná lang innerlike stryd

Abraham Jacobus Coetsee, gebore op Bethulie op 12 April 1929, was predikant in drie Gereformeerde gemeentes: Koedoesrand 1957–1961, Colesberg 1961–1968 en Meyerton 1968–1994.

Hy was die jongste seun van Hendrik Johannes Coetsee en Hester Aletta (geb. Coetsee). As plaasseun in sy kinderjare begin hy sy skoolopleiding aan ’n skooltjie op die plaas Groenpoortjie in die distrik Venterstad, 22 km van die dorp af.

Dit sou egter net ’n kort tydjie wees, want vanaf sub. B (gr. 2) tot st. 2 het hy skoolgegaan op Venterstad en bly hy in die koshuis. Hierna het sy ouers na Bethulie verhuis, alwaar hy sy skoolopleiding verder ontvang en in die jaar 1947 gematrikuleer het.

In 1948 het hy hom ingeskryf aan die PUK as B.A.-student. Vanaf sy kinderjare wou hy vir predikant studeer, en met dié doel voor oë het hy dan ook sy universiteitsloopbaan begin.

Einde 1948 het sy ouers na Bloemfontein verhuis, met die gevolg dat hy die volgende jaar aan die UOVS ingeskryf het om sy studie voort te sit. In sy graadjaar het hy ook die pos van advertensievertaler vir Die Landbouweekblad by die Nasionale Pers Bpk. in Bloemfontein aanvaar. Hierna het hy sy studie voortgesit deur middel van aandklasse aan Kovsies.

Ds_AJ_Coetsee.jpg

Ds. A.J. Coetsee.

Toe Die Landbouweekblad in hierdie jaar verskuif na Kaapstad, kon hy nie saamgaan nie vanweë sy studie. Gevolglik het hy klerk by die Nasionale Boekhandel Bpk. in Bloemfontein geword en skryf aan die einde van die jaar die graad B.A. met Afrikaans-Nederlands en sosiologie as hoofvakke en staatsleer as byvak.

Intussen het ’n stryd in sy binneste ontstaan en om tot helderheid te kom, het hy ’n onderwyspos aan ’n plaasskool in die distrik Boshof aanvaar.

Nadat hy reeds die vorms ingevul het om hom aan die fakulteit van opvoedkunde van die UOVS te bekwaam, het hy geweet watter rigting hy moes inslaan. Die volgende jaar het hy ingeskryf aan die UOVS vir die vakke Hebreeus en Latyn en ’n pos by die Nasionale Beenmeelfabriek Bpk. in die Rosestad aanvaar.

Deur middel van aandklasse het hy aan die einde van die jaar in dié twee vakke geslaag.

In 1953 het hy teruggekeer na Potchefstroom waar hy sy studie voortgesit het, toe as student in die teologie. Kort voor die eindeksamen sou begin, het hy ’n noodoperasie ondergaan weens sy blindederm sodat hy eers twee weke ná die ander studente beroepbaar gestel kon word.

Op 1 Januarie 1957 het ds. Coetsee in die huwelik getree met mej. Hester Lasya Coetsee, dogter van mnr. en (ten tyde van die huwelik wyle) mev. C.J. Coetsee van die distrik Bloemfontein, en onderwyseres aan die Dr. Viljoenskool in Bloemfontein. Hul eersteling was ’n seun, Hendrik Johannes (Hennie).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s