27 Julie 1994 | Ds. Hennie Coetzee sterf

1982 Vierdejaars.jpg

Die vierdejaars van die Teologiese Skool Potchefstroom van 1982. Eerste ry: P.J. Nel, D.J. Kock, H.B. Coetzee, G.J. Ligthelm, J.A. Schutte. Tweede ry: D.J. van R. Postma, I.J.J. de Villiers, W.J. Fourie, P.K. Lourens, J.H. Venter, J.L. du Plooy. Derde ry: P.J. van den Berg, H.W. Olivier, J.L. Myburg, M. van Helden, B.C. Smit.

Begaafde dienaar net sewe jaar aan kerk gegun

“Die Here het Hennie se lewe op besondere weë gelei voordat Hy hom op 27 Julie 1994 skielik as gevolg van ernstige breinbloeding van ons weggeneem het,” skryf ds. Maarten van Heelden in ds. H.B. Coetzee se lewensberig in die Almanak vir 1991. Hy was 43 jaar oud.

“Met sy sterk persoonlikheid en wilskrag het hy leiding geneem in kerklike vergaderings en sy vriendelike en spontane geaardheid het dit ’n vreugde gemaak om met hom saam te werk. In die gemeenskap het hy sy bydrae gewillig gelewer en vir sy eggenote en vyf kinders het hy altyd alles feil gehad. Ons dank God vir so ’n begaafde en getroue dienaar wat Hy aan sy kerk gegee het.”

Hendrik Bernardus Coetzee is op 12 Mei 1946 gebore. Hy wou hom eers in die regte bekwaam. Gevolglik het hy ná sy diensplig in ’n landdroskantoor gewerk en deeltyds studeer.

Hennie Coetzee.jpg

Ds. Hennie Coetzee

Nadat hy met Magda du Toit getroud is, het hulle op Piet Retief in Oos-Transvaal, waar hy as aanklaer gewerk het. Maar voor hy klaar studeer het, het sy groot liefde, naamlik om te boer, sy lewensrigting verander.

Nadat hy vyf jaar op ’n plaas by Pongola geboer het, skryf ds. Van Helden, “het die Here hom egter ’n ander weg gewys: Hennie moes sy lewe wy aan die verkondiging van die blye boodskap van die Here Jesus Christus.”

Binne net drie maande is alles gereël en einde 1975 het hulle verhuis na Potchefstroom, waar hy voltyds in die Teologie begin studeer het. Terselfdertyd moes hy deeltyds werk om die pot aan die kook te hou.

Drie jaar later het hy sy B.A.-graad ontvang en ’n jaar later sy Honneurs in Zoeloe. In 1982 het hy aan die Teologiese Skool afstudeer en beroepe ontvang: Olifantshoek, Tzaneen en Aliwal-Noord.

Van 1983 tot 1988 het hy Aliwal-Noord bedien, toe nog ’n gemeente met die oor die 300 siele, en ook die sowat 50 lidmate van die Gereformeerde Kerk Zastron. Hy het waardevolle insette in Klassis Burgersdorp gelewer, volgens ds. Van Helden.

Van 1989 was hy werksaam in Durban-Wes en het onder andere ’n ruim bydrae op die sendingterrein gelewer. Hy het voorts die “spanningsvolle” eenwording tussen Durban-Wes en Durban in 1990 belewe.

In dié nuwe Durban-gemeente het ds. Coetzee tot sy dood die jaar daarop gedien.

Ds. Van Helden skryf: “Hy sal onthou word vir sy eenvoudige uitleg van die Woord van God en die besondere wyse waarop hy dit vir die lidmate onder sy bediening toegepas het.”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s