28 Julie 1946 | GK Primrose gestig

Gereformeerde kerk Primrose, Morné van Rooyen.jpg

Die kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Primrose lyk nes dié van die eertydse Gereformeerde Kerk Noordbrug in Potchefstroom.

Eens groot en sterk gemeente kwyn

Die Gereformeerde Kerk Primrose het op 28 Julie 1946 van die oudste Gereformeerde kerk aan die Oos-Rand, Germiston, afgestig as die agtste gemeente in dié deel van die Witwatersrand. Sy gebied beslaan sowat 25 km2: die hele Primrose, alle voorstede van Germiston noord van die R29 en Bedfordview suid van die N12/R24.

Aan die begin het die gemeente een erediens elke Sondag in die Assembly-saal gehou. In 1952 het die kerkraad twee eenderse sale laat oprig in sowel Edenvale as Primrose. Hulle is gelyktydig op 9 Augustus 1952 in gebruik geneem. Primrose s’n se hoeksteen is deur ds. B.J. de Klerk gelê.

In Mei 1953 het wyke van Primrose afgestig as die Gereformeerde kerk Edenvale. In die Gereformeerde Kerk se eeufeesjaar (1959) het Primrose  518 lidmate gehad en Edenvale 165. Drie jaar later is die nuwe kerkgebou ingewy en ’n steen deur ds. J. Visser gelê.

Ds_Pieter_du_Plessis_en_sy_vrou,_Nannie.jpg

Ds. Pieter du Plessis, leraar van 1969 tot 1983, en sy vrou, Nannie.

Primrose se lidmate het teen 1970 tot 866 toegeneem. Twee vleuels is kort daarna aangebou en die vergrote kerkgebou op 13 Februarie 1972 in gebruik geneem. Ds. P. du Plessis het by dié geleentheid ’n spesiale steen onthul. Daarna is die ou kerk as saal gebruik.

Weens demografiese veranderings binne die gemeentegrense en ander faktore het Primrose se belydende lidmate van 258 in 2000 sowel as in 2010 tot 39 in 2017 afgeneem. In die aanliggende Germiston, wat sy kerkgebou verkoop het, is die lidmaattal 48.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s