1 Augustus 1971 | GK Meyerspark gestig

Gereformeerde kerk Meyerspark.jpg

Die Gereformeerde Kerk Meyerspark se kerkgebou. (FOTO: Google Maps)

Hegte band vorm met die jare tussen lidmate

Die Gereformeerde Kerk Meyerspark is geleë in die ooste van Pretoria. Dit sluit, benewens die woonbuurt waaraan die naam ontleen is, ook Die Wilgers, Donkerhoek, Equestria, Boschkop, La Montagne, Lynnwoodrif, Murrayfield, Willow Glen en Silverton Uitbr. 10 in.

Die gemeente het op hierdie dag van die Gereformeerde Kerk Silverton afgestig. Destyds was dit ’n jeugdige gemeente waarvan die gemiddelde ouderdom van sy belydende lidmate in Oktober 1972 net 28 jaar was. So het ’n hegte band tussen ’n kerngroep lidmate ontstaan.

Ds_CJH_Venter,_1964.jpg

Dr. C.J.H. Venter toe hy vierdejaarstudent aan die Teologiese Skool Potchefstroom was saam met ds. P.P. Kruger, Meyerspark se predikant van 1991 tot 2006. Hy was van 1972 tot 1981 Meyerspark se eerste predikant.

Die lidmate het dan ook mettertyd ál ouer en die dooplidmate ál minder geword: In 1990 was die sieletal 1 005, van wie 29% dooplidmate was, in 2000 was dit 847, van wie 16% dooplidmate was, en in 2010 amper 300 minder, naamlik 566, van wie die persentasie dooplidmate verder gedaal het, tot 14. Die jongste syfers is 406 siele met net 40 dooplidmate, minder as 10%.

Op ’n kerkraadsvergadering op 19 September 1973 is besluit om ’n kerk-en-saal-kompleks vir die gemeente op te rig. ’n Lidmaat, Renier Roos, is as argitek aangewys.

Weens die resessie van destyds kon die gemeente eers nie ’n verbandlening kry nie en het hulle besluit dat die kerkraad as eienaarbouer sou optree. Aanvanklik is die koste op R135 000 (sonder professionele fooie) geraam, maar dit het eindelik amper verdubbel tot R240 000.

Die susters van die gemeente het die orrel afbetaal deur middel van koek- en kosverkopings, terwyl J.V. Juventus geld vir die preekstoel ingesamel het. Die kerkgebou is op 22 Mei 1976 plegtig in gebruik geneem.

Die kompleks bestaan uit ’n kerkgebou en saal, skakel met ’n moederskamer en die kombuis. Al die vensters kyk uit op ’n binnehof wat met ’n groot glasdeur verbind word met die saal. Dr. C.H. Venter het ’n gedenkplaat in die kerkgebou se voorportaal onthul.

(BRON: Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke.)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s