4 Augustus 1932 | Andries Henning sterf

Troue_van_ds_JP_en_mev_MM_van_der_Walt

Die huwelik op 28 Januarie 1910 op Fauresmith van ds. J.P. van der Walt en mej. Maria Magdalena Henning. A.G. Henning en sy vrou sit in die middel. Ds. Van der Walt is gebore op 29 September 1878 op Ladybrand en sy bruid op 8 Mei 1891 op Burgersdorp.

Eerste Dopperdopeling in die Kaapkolonie stoere Nasionalis

Andries Gerhardus Henning was die eerste kind wat gedoop is op die stigtingsdag van die Gereformeerde Kerk Burgersdorp, die eerste gemeente in die Kaapkolonie, op die plaas Roosterhoek, 21 Januarie 1860. Hy was lid van die Afrikanerbond, ’n ondersteuner van Die Afrikaanse Patriot en ’n stigterslid van die Nasionale Party.

Andries Henning is op hierdie dag oorlede op sy woonplaas, Lemoenkloof, distrik Fauresmith, Oranje-Vrystaat, 10 jaar en twee dae ná sy skoonseun ds. J.P. van der Walt, in lewe predikant van GK Waterberg.

Andries Henning het opgegroei op die plaas Heuningkrans, distrik Burgersdorp. Sy ouers was stigters van die Gereformeerde Kerk. Op 12 Julie 1880 is hy getroud met Cecilia Johanna (tant Hannie) Venter (gebore 22 Julie 1865, plaas Botterfontein, distrik Burgersdorp; oorlede 5 Augustus 1949, Fauresmith), dogter van Jasper Venter van Botterfontein.

Algemene_Vergadering_van_die_Gereformeerde_Kerke_in_die_OVS,_1912.jpg

1912: Afgevaardigdes na die Algemene Vergadering van die Gereformeerde Kerke in die OVS. Voor: Onbekend, ds. Willem Johannes de Klerk, A.G. Henning, ds. Willem Postma, ds. Louw du Plessis, ds. Koos van Rooy, ds. Hendrikus Pasch, ds. T.N. Venter, ds. Pieter Bingle, onbekend.

Albei het gestam uit getroue kerkgangers. Van haar is gesê: “Sy was een van die steunpilare in die opbou van die gemeente, geestelik sowel as stoflik; op hoë ouderdom was sy nog gesteld op die handhawing van die suiwere bediening van woord en sakrament.”

Die egpaar het op die plaas Janspoort gewoon. ’n Dogter, Maria Magdalena (1891–1965), was getroud met ds. Johannes Petrus van der Walt, leraar van GK Waterberg, van 1910 tot sy dood in 1922.

Leni Vorster, Liberta Venter en Miemie van der Walt.jpg

Drie van A.G. en Hannie Henning se dogters: Leni Vorster, Liberta Venter en Miemie van der Walt. Laasgenoemde twee was albei pastoriemoeder van GK Waterberg, eers Miemie van 1910 tot 1922 toe Liberta tot 190, haar en haar se enigste gemeente.

Nog ’n dogter, Liberta, was getroud met ds. Hendrik Johannes Venter, wat ds. Van der Walt in 1923 opgevolg en Waterberg bedien het tot 1960, ook sy enigste gemeente. Henning en sy vrou was 53 jaar lank getroud. Hul ander twee dogters was later mev. Ignatius Vorster (Leni) van Rustenburg en mev. Nienaber van Venterstad.

Reeds van jongs af het Henning ywerig belanggestel in sy kerk. Nadat hy ’n paar jaar lank diaken was, het hy sy kerk met tussenposes ruim 30 jaar gedien as ouderling, en is dikwels afgevaardig na meerdere vergaderings.

Andries_Gerhardus_Henning_en_Cecilia_Johanna_Venter.jpg

Andries en Hannie Venter.

In die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) het hy hom as Kaapse Rebel gevoeg by die Vrystaatse kommando’s wat die Kaapkolonie binnegeval het. Met die terugtrek van die Vrystaters het hy in die hande van die Britte geval en met die tronk kennisgemaak.

Ná drie maande is hy op borgtog van £9 000 uitgelaat en later deur ’n spesiale hof vrygespreek. Die Britse regter het dit volgens oorlewering met die woorde “behold a man” gedoen omdat Henning so eerlik was.

Drie van sy broer Joseph Jooste Henning se seuns het in 1905 na Argentinië verhuis. Die een, Pieter, het in 1939 teruggekom en was die skrywer van die boek ’n Boer in Argentinië.

GKSA_monument_op_die_plaas_Roosterhoek.jpg

Dié monument op die plaas Roosterhoek is in 1960 opgerig ter herdenking van die stigting van die Gereformeerde Kerk in die Noordoos-Kaap ’n eeu vantevore. Andries Henning was die eerste baba wat ná die stigting op 21 Januarie 1860 gedoop is.

In 1906 het hy en sy eggenote verhuis na die Vrystaat en ná ’n kort verblyf op Bethulie, is hulle na die distrik Fauresmith, waar hy die plaas Lemoenkloof aangekoop en gewoon het tot sy dood op hierdie dag.

Andries en Hannie Henning se kinders was:

  1.     Cecilia Johanna Erasmus (2 April 1881 – 14 Oktober 1969)
  2.     Joseph Jooste (13 Oktober 1883 – 22 Desember 1958)
  3.     Hendrina Johanna (13 Oktober 1883 – onbekend)
  4.     Magdalena Johanna (22 Oktober 1887 – onbekend)
  5.     Maria Magdalena (8 Mei 1891 – 18 Mei 1965)
  6.     Emerentia Helena (7 Februarie 1894 – onbekend)
  7.     Catharina Maria Henning (15 September 1898 – 9 Februarie 1975). Haar man, J.C. Yssel, was ’n broer van ds A.S.E. Yssel en was albei broers in die Bethulie-konsentrasiekamp gedurende die ABO.
  8.     Liberta Venter (12 Mei 1901 – 1990)
  9.     Jasper Maartin (2 Desember 1904 – onbekend)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s