5 Augustus 1971 | Elandspoort-gedenksteen gelê

Gereformeerde Kerk Elandspoort, Danville.jpgKerk in Danville, Pretoria-Wes, in tentstyl ontwerp

Elandspoort het in 1959 ontstaan as die Gereformeerde Kerk Danville-Wespark toe dit van GK Pretoria-Wes afstig. Die gebied wat binne die gemeentegrense val, is net noord van Kerkstraat langs die Daspoorttonnel, ’n bekende baken in die gebied.

Die staalreus Yskor het in die beginjare aan ’n groot aantal werknemers huisvesting in die gebied voorsien. Eredienste is eers in die skoolsaal van die Transoranje-skool vir Dowes by Kerkstraat-Wes 855 gebou, maar enkele jare ná afstigting is ’n kerkgebou in die tentstyl, wat destyds so gewild was, opgerig.

Dié A-raam-kerk met sy blou geverfde staalbalke wat tot op die grond loop, staan teen ’n effense skuinste in die suide van Danville op die hoek van De Villiers- en Delaneystraat.

Die argitek was Neels Venter en die bouaannemer Brough en Locke. Ds. R.V. Venter, die gemeente se leraar van 1966 tot 1971, het die gedenksteen op hierdie dag gelê. Daarop staan die woorde van Psalm 115:1: “Nie aan ons, o HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, om u goedertierenheid, om u trou ontwil.”

Danville is sowat 7 km wes van Pretoria se stadsaal geleë, noord van Kwaggasrand. Dit is in Februarie 1951 geproklameer. Die voorgestelde naam, Westlands, was nie aanvaarbaar vir die posowerheid nie; daarom is ’n kompetisie gereël waartydens die naam Danville gekies is, ter ere van genl. Daniël Hermanus (Dan) Pienaar (1893–1942), opperbevelvoerder van die militêre basis Voortrekkerhoogte toe die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek het.

(BRONNE: Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke; New dictionary of South African place names)

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s