6 Augustus 1966 | GK Ontdekkers gestig

Gereformeerde_kerk_Ontdekkers,_31_Desember_2017,_Morné_van_Rooyen.jpg

Die kerkgebou einde 2017.

Gemeente neem kerk vyf jaar ná stigting in gebruik

Die Gereformeerde Kerk Ontdekkers is een van vyf Afrikaanse gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika wat heeltemal of deels in die Wes-Randse stad Roodepoort geleë is.

Ontdekkers het op hierdie dag van GK Florida afgestig in die gebied Discovery, tussen Horison en Florida. Aanvanklik is die eredienste in die Laerskool Gustav Preller in Christiaan de Wetweg gehou.

Ds_Ewert_Snyman_voor_die_Gereformeerde_kerk_Ontdekkers,_wat_in_sy_tyd_gebou_is.jpg

Ds. Ewert Snyman voor die kerkgebou wat in sy dienstyd (1970–’74) voltooi is.

GK Florida het gedeelte 139 van die plaas Vogelstruisfontein, een van die oorspronklike plase aan die Rand, aan die nuwe gemeente geskenk. Op hierdie plaas, in die ontluikende stad Roodepoort, het die predikant, ds. Hein Kruger, ’n melkkoei op die kerkerf aangehou.

Die kerkraad het die plan van die Gereformeerde Kerk Vryburg (ds. Kruger was by die oprigting van dié gemeente se kerkgebou betrokke toe hy leraar daar was van 1960 tot 1967) as uitgangspunt gebruik en die argitek Beyers Hartman van Pretoria aangestel om die bouterrein te beplan.

Ds_PC_Kruger_kleur.jpg

Ds. P.C. Kruger is hier bevestig op 6 April 1975 as Ontdekkers se derde predikant. Hy het die gemeente bedien tot 1994, toe hy sy emeritaat aanvaar.

Sy plan het voorsiening gemaak vir ’n kerkgebou met sitplek vir 500 kerkgangers, ’n konsistorie, kombuis en katkisasielokale. Die ontwerp word gekenmerk deur skerp lyne wat die oog na bo moet lei. ’n Lidmaat van die gemeente het ’n skaalmodel gebou wat moes dien as aansporing vir mense om by te dra tot die kerkkompleks se oprigting.

Die sykante het die kenmerke lae mure met hoë, gekleurde vensters wat eie is aan die argitektuur van destyds, die sogenaamde tentstyl of kappiekerk. Wanneer lig deur die vensters val, gee dit die binnekant van die kerk ’n blou skynsel.

Die glasmure het ’n klankprobleem geskep wat opgelos is deur ’n spesiale klankstelsel te laat aanbring. Nog ’n probleem wat eie is aan die tentstyl, oormatige sonlig deur die reusevensters, is opgelos deur klankabsorberende panele aan te bring om dit uit te hou.

Die kerk is amptelik op 5 Junie 1971 ingewy, ’n maand en ’n dag voor die gemeente se vyfde verjaardag.

Weens demografiese verskuiwings in dié deel van Roodepoort is Florida in 2003 by Ontdekkers ingelyf, nes die geval nege jaar later met die gemeente Roodepoort. Die jongste lidmaatsyfers van Ontdekkers is 48 doop en 305 belydende lidmate.

(BRON:Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke.)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s