9 Augustus 1943 | Ds. Johan Breedt gebore

1968 Sewendejaarstudente TSP B65.jpg

Johan Breedt se vierdejaarsklas aan die Teologiese Skool Potcheftsroom, 1968. Agter: G.N. van der Merwe, A.H. Klopper, A.H. Mulder, J.J. Breedt, A.S. Heystek. Voor: E.J. Smit, H.M. Grobler (praetor), P.J. van der Walt.

Talentvolle predikant onthou vir sy onselfsugtigheid

Ds. Johannes Jacobus Breedt was tussen 1969 en sy emeritaat in 1999 predikant in een kombinasie en twee gemeentes: Ficksburg-Senekal 1969–1975, Bultfontein 1975–1981, Wolmaransstad 1981–1999.  Hy is oorlede op 31 Maart 2013.

Sarel du Plessis, ‘n lidmaat van Wolmaransstad, skryf in ds. Breedt se lewensberig in die Almanak vir 2014 onder meer: “Om Johan Breedt 18 jaar lank (1981–1999) as predikant te kon hê in Wolmaransstad, was ’n besonderse voorreg.

“In dié tyd het hy ons nie net geestelik versorg met suiwer Woordbediening nie; ook het hy ons beste vriend geword. Sy voorbereidingspreke was dikwels vol oordeel, net om die volgende Sondag met Nagmaal te hoor van die liefde en genade van God.

“Hierdie beste vriend het in almal se hartseer gedeel, en ook in almal se vreugde. Hy was die onselfsugtigste mens wat ons ooit geken het. Jy kon hom in die middel van die nag nodig kry en hy was daar, telkens met bemoedigende woorde uit Jesaja en ander Skrifgedeeltes.

“Selfs buite die gemeentegrense het hy gereeld gehelp waar daar nood was. Hy was altyd gereed om vir sy medemens iets te beteken.

“Sy werkywer was ongekend. In ’n japtrap het hy die tuin om die nuwe pastorie en om die kerk in ’n lushof omskep. Hy het dadelik die werkskeppingsprojek van die destydse regering aangegryp om die kerkterrein te plavei vir meer parkeerplek — sonder dat dit die gemeente wat op daardie stadium ‘n bietjie swaargekry het, ’n sent gekos het.

“Sy onselfsugtige geaardheid het hom hierdie selfde projek last implementeer by die swart gemeente Knapdaar. Hy het met onvermoeide ywer gewerk en Knapdaar se kerk het ’n vloer gekry. Hy was ’n gewaardeerde staatmaker vir dié gemeente.”

Ds. Breedt is kort nadat hy in Wolmaransstad aangekom het, as kapelaan van die plaaslike kommando aangewys. “Ook daar het hy wonderlike werk verrig,” skryf Du Plessis, “en is deur lede as ’n yster beskou.

“Hy was nie iemand wat ooit stilgesit het nie. Die roostuin wat hy en (sy vrou) Johanna aangelê het, was ’n fees vir die oog. En dan het dit nie daar geëindig nie, want die pragtige roosknoppe is kunstig gedroog en het dan in droë rangskikkings gepryk in ons almal se huis.”

Ná sy uittrede uit die bediening weens swak gesondheid het ds. Breedt en sy eggenote na Bloemfontein verhuis. Later was hy weer gesond genoeg om in die Gereformeerde Kerke Reddersburg, Brandfort en Bethulie te preek en, volgens Du Plessis, “sy wonderlike talente weer te kon gebruik tot eer van die Here. Dit was vir ons baie swaar om hom te sien agteruitgaan ná Johanna se dood.”

Johanna Breedt (64) het in 2010 in Bloemfontein doodgebrand nadat sy bensien oor haarself uitgegooi en haar aan die brand gesteek het.

Facebook-kommentaar

Albertje Fouche
Albertje Fouche Ek het Johan van kindstyd geken en ons was ook saam op die PUK. Hy was so geliefd dat ‘n kinderlose egpaar op Bultfontein hom as enigste erfgenaam benoem het. Ek dink dit sê alles oor Johan.
Flip Buys
Flip Buys Met ‘n Thalia studentoer in 1966 was hy nie net toerleier nie, maar ook busbestuurder. een aand het ons saam by mense tuisgegaan. Eers het Johan alaml by hulle oornag gashere afgelaai na ons toeneelopvoering. Ons het diep in die nag (eintlik die vroee”oggendure in die bed gekom. Ek was baie moeg. Hy het nog lank op sy kniee” gebid en ek het aan die slaap geraak. Die volgende oggend vroeg toe ek wakker word was hy reeds uit die kamer. Toe ek kyk waar is hy, was hy reeds besig om die bus uit te vee en papiere wat die studente die vorige dag in die bus laat val het op te tel. ‘n Ware diensknegleier soos min.
Riëtte Bezuidenhout My ouers was baie lief vir ds Breedt.Ons was in Ficksburg in sy gemeente en my ouers het later in Bloemfontein weer vriendskapsbande met hom en Tannie Johanna hervat.

Hy het ons in 2006 vertroos uit Jesaja toe my pa sterwende was.Daarna my ma ook nog baie ondersteun.

· Antwoord · 3 m.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s