11 Augustus 1974 | Hannes Noëth gebore

Laaste_skooldag_2015_Gereformeerde_Skool_Dirk_Postma.jpg

Ds. Hannes Noëth, skoolhoof, en leerders van die Gereformeerde Skool Dirk Postma op die laaste skooldag van 2015.

Van predikant tot skoolhoof en direkteur van Helpende Hand

Johannes Georg (Hannes) Noëth is ’n skrywer en direkteur van Solidariteit se Helpende Hand-beweging. Hy was tot einde Oktober 2017 predikant in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika en hoof van die Gereformeerde Skool Dirk Postma in Pretoria.

Ds_Hannes_Noëth,_2010.jpg

Hannes Noëth toe hy predikant van Kimberley was.

Hannes het grootgeword op die plaas Twyfelhoek tussen Petrusburg en Koffiefontein in die Suidwes-Vrystaat. Hy matrikuleer in 1992 aan die Hoërskool A.J.C. Jooste op Petrusburg en verwerf in 1995 ’n B.A.-graad met Grieks en filosofie as hoofvakke aan die destydse PU vir CHO.

In 1998 volg ’n B.A. Hons. in teologie en in 1999 ’n Th.B. Hierna voltooi hy sy teologiese opleiding aan die Gereformeerde Kerke se Teologiese Skool Potchefstroom met ’n meestersgraad (Th.M.) in huweliksetiek.

Hannes.jpg

As direkteur van Helpende Hand kan hy sy passie uitleef om mense se omstandighede te help verbeter.

Sy eerste gemeente, van 2000 tot 2006, was Wolmaransstad, waarna hy ’n beroep na Naboomspruit aanvaar en daar dien tot 2009. Van Januarie 2010 tot 2013 was hy leraar van die Gereformeerde Kerk Kimberley, maar aanvaar in 2014 ’n beroep as medeleraar na Totiusdal en word terselfdertyd hoof van die Gereformeerde Skool Dirk Postma, wat geleë is binne Totiusdal se gemeentegrense.

Hannes het sedert 1994 in die deputate vir historiese sake van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika gedien. Omstreeks 2010 het hy begin werk aan sy Th.D. aan die Universiteit van die Vrystaat oor die prediking tydens die Anglo-Boereoorlog.

Terselfdertyd was hy teksredigeerder, samesteller en verwerker betrokke by die opstel van Van seringboom tot kerkgebou, die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke, wat in 2010 die lig gesien het.

Hy is, saam met Morné van Rooyen, medesamesteller van My Dopperdagboek, waarvan die eerste uitgawe op 9 Desember 2016 verskyn het en die tweede op 27 November 2017.

Hannes dien in die direksie van die Erfenisstigting, die Voortrekkermonument en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK).

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s