24 Augustus 1913 | GK Lusaka gestig

GK Lusaka met gemeentelede 507.jpg

Gemeentelede van GK Lusaka voor die kerkgebou, moontlik die sestigerjare.

Gereformeerde Kerk in Noord-Rhodesië oudste van Susterkerke

Die Gereformeerde Kerk Lusaka was die oudste van die twee Gereformeerde gemeentes in Noord-Rhodesië en later Zambië. Die ander een was Koperstreek, met sy middelpunt op Kitwe, wat van 1949 tot 1969 bestaan het.

GK Lusaka is op hierdie dag gestig aan huis van ’n lidmaat, ene Van Niekerk, ses jaar voor die NG Gemeente Lusaka (26 Junie 1919), maar eers 12 jaar later is die begeerte om ’n eie kerkgebou op te rig op ’n kerkraadsvergadering bespreek. Kollektelyste vir ’n kerksaal is rondgestuur.

Vier jaar het verbygegaan en ’n kommissie bestaande uit Gert van Niekerk, Gert Snyman en diaken Gert Snyman is opdrag gegee om stene te maak. Van Niekerk het toestemming gegee dat stene op sy plaas Welgevonden gemaak kon word, en hy sou gratis kalk lewer.

GK Lusaka 505.jpg

Die kerkgebou in Lusaka.

Die kerkraad het vier erwe in Lusaka besit, maar iemand het op een van die erwe bouwerk opgerig. Hy het later ’n ander erf in ruil vir die beboude erf gekry. In 1934 is nog nie gebou nie, en die vrouelidmate het begin geld insamel vir die boufonds. Op 19 Julie 1935 is ’n boukommissie aangewys.

In Augustus 1936 het ’n argitek bouplanne opgetrek, en stene, pale en draad is op die terrein afgelewer. Kort daarna is die pale, draad en stene deur iemand verwyder en kon nie opgespoor word nie. Die volgende jaar is alle bouplanne vir eers laat vaar.

Eers op 20 Mei 1950 is weer besluit om dadelik met die bouwerk te begin, maar dit sou nog twee jaar duur voor ’n boukommissie vir die bou van ’n saal met 300 sitplekke benoem is. Nog twee jaar het verloop en op 7 Mei 1954 is besluit om ’n kerkgebou met sitplek vir 250 op te rig.

Op 26 Augustus 1955 is die gebou in gebruik geneem, drie dekades nadat die eerste besluite oor kerkbou geneem is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s