24 Augustus 1958 | Adv. Hans Strijdom sterf

Susan_Strijdom_op_haar_man,_adv_JG_Strijdom,_se_begrafnis,_Augustus_1958.jpg

Mev. Strijdom op haar man se begrafnis, Augustus 1958. Haar broer sen. Jan de Klerk, die vader van Willem en FW de Klerk, staan regs van haar. Dis moontlik haar seun, Johannes Gerhardus, wat regs staan. Die verpleegster (links) het mev. Strijdom op die begrafnis ondersteun omdat sy ten tyde van haar man se dood ook siek in die Volkshospitaal in Kaapstad was.

Enigste eerste minister wat met ’n Doppervrou getroud was

Ds. Willem de Klerk, oupa van FW en Wimpie, het sy dogter Susan op 14 Januarie 1931 in die Gereformeerde kerk in Fordsburg, Johannesburg, in die huwelik bevestig met die 37-jarige Volksraadslid adv. Hans Strijdom.

Strijdom was minder as ’n jaar met die aktrise Marda Vanne getroud voor dié huwelik ontbind is. In Februarie 1929 het hy die jong musiekonderwyseres Susan de Klerk op ’n aand by vriende ontmoet. Uit hierdie huwelik is ’n dogter, Estelle, en seun, Johannes Gerhardus, gebore.

Hans_Strijdom_kleur.jpg

Adv. Hans Strijdom, Suid-Afrika se sesde premier.

Susan Strijdom het in 1973, met die 25-jarige herdenking van die NP se bewindsoorname in 1948, as volg oor haar man, eerste minister van die Unie van 1954 tot sy dood, se einde geskryf:

“Ek was ook opgeneem in die hospitaal in die laaste weke van Hans se lewe, Augustus 1958. Ek onthou hoe die dokters en verpleegsters my die derde dag voor sy dood op die been gehelp het omdat hy my so graag wou sien en die geneeshere gemeen het dat as ek op eie bene voor hom staan, dit hom sou opbeur.

“Ek het dit gewaag hoewel my bene maar net onder my wou weg swik. Maar hy was so opgewonde bly om my so staande te sien. Ek het hom nog nooit in al die tyd dat ek geweet het dat sy kragte aan die taan is, so goed sien lyk nie.

“Hans was nooit ’n emosioneel demonstratiewe mens nie, maar daardie oomblik was sy oë sprekend, vonkelend blou, vol lewe en liefde. Die volgende twee dae, Vrydag en Saterdag, was hy feitlik voortdurend in ’n koma.

“Maar toe ek die Saterdagaand vra of ek hom dan nie net goeienag kan gaan sê nie, het dr. Fransie van Zyl dadelik gesê: ‘Maar natuurlik.’ Toe ek van hom wegstap, met ’n ‘slaap gerus’, was al antwoord wat hy gegee het, ’n sagte ‘totsiens’.

“Daardie ‘totsiens’, sy laaste woorde aan my, sal my altyd bybly – totsiens, nie vaarwel nie; totsiens nie vaarwel nie, ook aan sy volk en sy land wat hy so hartstogtelik liefgehad en so selfloos gedien het, by wie sy onsterflike gees altyd sal bly.”

3 thoughts on “24 Augustus 1958 | Adv. Hans Strijdom sterf

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s