24 Augustus 1985 | Wilropark-kerk in gebruik

Gereformeerde Kerk Wilropark.jpg

Die kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Wilropark is op 24 Augustus 1985 in gebruik geneem. (FOTO: Morné van Rooyen)

Hooggeleë kerkerf bied uitsig op natuurreservaat

Die Gereformeerde Kerk Wilropark het op 7 Junie 1981 afgestig van GK Witpoortjie, wat op sy beurt op 8 Oktober 1972 van Roodepoort afgestig het, ’n afstigting van Florida.

Van dié vier kerke bestaan nog net Wilropark en Witpoortjie, terwyl laasgenoemde weens ’n skerp afname in sy lidmaattal, sy kerkgebou moes verkoop. Florida en Roodepoort het albei deel geword van GK Ontdekkers.

In 1983 het Wilropark se kerkraad die argitek Albert Monteith, wat ook verantwoordelik was vir GK Brackenhurst se kerkgebou, opdrag gegee om ’n doelmatige kerkgebou met sewe katkisasielokale te ontwerp. Vir dié doel het die gemeente ’n erf aangekoop wat uitkyk op ’n natuurreservaat.

Op hierdie dag is Wilropark se kerkgebou amptelik in gebruik geneem. Weens ’n geldtekort kon die gemeente nie hul planne vir ’n klok, orrel en die katkisasielokale uitvoer nie, maar kon hulle wel ’n tweedehandse Ahlbon-orrel aankoop, wat in 1994 plek gemaak het vir ’n elektroniese Allen-orrel. Dié instrument se luidsprekers is in die vorm van ’n kruis voor in die kerk aangebring.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s