1 September 2002 | Cecile de Ridder oorlede

Erika.jpg

Cecile de Ridder het die Erikavolkspelelaer in Pretoria in 1941 onder die naam Jakarandavolkspelelaer gestig. Op die oomblik bestaan die laer uit 54 lede van 16 tot 84 jaar oud. (FOTO: erikavolkspelelaer.co.za)

Bekende Volkspeleleidster moeder van groot Gereformeerde kerkargitek

Die groot Gereformeerde argitek Johan de Ridder (1927–2013) se moeder, Cecile Hendrika Johanna Punt (gebore in 1901), was die suster van dr. Willem Henry Jacobus Punt (1900–1981), jare lank die krag agter die oprigting van die Stigting Simon van der Stel.

Cecile de Ridder het haar beywer vir die verbetering van behoeftige bejaardes en kinders se lewensomstandighede. Van 1938 af was sy betrokke by die Volkspelebeweging. Sy was verantwoordelik vir reuse-Volkspele-uitvoerings, soos in 1949 met die inwyding van die Voortrekkermonument toe 2 300 Volkspelers opgetree het voor ’n skare van 250 000 mense.

SH_Pellissier_Cecile_de_Ridder_FCL_Bosman

Dr. Samuel Henri Pellissier, voorsitter van die Uniale Raad vir Volksang en Volkspele, oorhandig ’n medalje aan mev. Cecile de Ridder, volkspeleleidster, pas ná afloop van ’n uitvoering in die amfiteater van die Voortrekkermonument in Desember 1949, toe die monument ingewy is. Agter mev. De Ridder staan dr. F.C.L. Bosman.

In 1952, tydens die Van Riebeeck-fees in die Moederstad, het sy 3 000 Volkspelers gelei en in 1955, met die eeufeesviering van Pretoria, meer as 2 000 deelnemers op Loftus Versfeld. Sy was ook jaarliks verantwoordelik vir die Volkspele tydens die Jakarandafees op die Caledoniese terrein.

In 2008 het De Ridder as volg oor sy moeder geskryf: “Sy was ’n opvallende mooi vrou met ’n dinamiese persoonlikheid en besonderse leierseienskappe. Om en by 1914–1920 was sy en haar suster Cobie baie in die nuus met hul klassieke dansuitvoerings wat hulle onder die leiding van hul ma ten bate van liefdadigheid in die ou Operahuis in Pretoriusstraat gegee het.

Cecile_de_Ridder_SA_Akademie.jpg

Cecile de Ridder het in 1950 ‘n erepenning vir volkspele van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang.

“In 1940 is sy afgevaardig na die eerste Volkspele Kursus in Heidelberg. Hier het sy so begeester geraak dat sy vir die volgende tiental jare, met aansteeklike ywer en geesdrif haar gewig voluit ingegooi het by die beweging waarvan sy later die uniale leidster sou word.

“Onder haar beplanning en leiding het die groot Volkspelevertonings jaarliks tydens die Jakarandafeeste op die Caledoniese gronde in Pretoria plaasgevind. By (die Volkspelevertonings vir die Voortrekkermonument se inhuldiging, die Van Riebeeck-fees en Pretoria se eeufees) was sy in staat om volkome beheer uit te oefen sodat die vertonings met militêre presiesheid verloop het.”

Sy is op hierdie dag in die ouderdom van byna 101 jaar in Pretoria oorlede, waar sy lewenslank gewoon het.

One thought on “1 September 2002 | Cecile de Ridder oorlede

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s