11 September 1911 | Digter, registrateur gebore

Pretoriana.jpg

N.A. Coetzee was uitgewer van die blad Pretoriana.

Nou betrokke by talle verdienstelike sake

Nico Coetzee was registrateur van die Technikon Pretoria en ’n Afrikaanse digter.

N.A._Coetzee.jpg

Nico Coetzee.

Nicolaas Abraham Coetzee is op 11 September 1911 op Platrand naby Standerton gebore as die derde van agt kinders van Francois Philippus Coetzee en Margaretha Johanna Coetzee

Sy vader was jare lank skoolhoof op Platrand en het daarna boer geword op die erfplaas van sy moeder in die distrik Burgersdorp, naby die Oranjerivier. Nico het in Oos-Transvaal in sy geboortewêreld grootgeword, waar hy tot met sy elfde jaar gewoon en skoolgegaan het.

’n Jaar lank was hy op kosskool op Graaff-Reinet, waar hy by die Voortrekkerbeweging aangesluit het. Hierna het hy gegaan na die hoërskool op Bethulie, waar hy in 1928 gematrikuleer het.

Sy verdere studie was van 1929 af aan die Universiteit van Kaapstad, waar hy in 1931 die B.A.-graad met wiskunde en ekonomie as hoofvakke verwerf het, terwyl hy ook ’n jaarkursus in Afrikaans en Nederlands geneem het. Op universiteit het hy tuisgegaan in die manskoshuis teen die hang van Duiwelspiek. In 1932 behaal het hy die Hoër Onderwysdiploma aan die Universiteit van Pretoria behaal.

Sy onderwysloopbaan het begin op die plaasskool Anniesdal naby Zastron in die Vrystaat, waar hy loseer het by oom Herman en tant Bettie Henning op die plaas Spitskop. In 1935 het hy handelsonderwyser aan die Rustenburgse Handelskool geword en deur privaat studie het hy in 1939 sy B.Com.-graad verwerf.

Van 1945 af was hy verbonde aan die Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria as onderwyser in handelsvakke en was later ook deeltydse lektor in rekeningkunde en ekonomie aan die Pretoriase Tegniese Kollege.

Aan die Universiteit van Pretoria het hy in 1950 die M.Ed.-graad met ’n verhandeling oor ’n voorlopige standaardisasie van ’n boekhoutoets vir standerds VII en VIII behaal, wat later gepubliseer is as Didaktiese beskouinge oor boekhou as middelbare skoolvak en die standaardisasie van boekhoutoetse vir gebruik op die middelbare skool.

Sy loopbaan het geïindig terwyl hy registrateur is van die Pretoriase Kollege vir Gevorderde Tegniese Onderwys (later die Pretoria Technikon) was.

Coetzee was lank voorsitter van die Genootskap Oud-Pretoria, wat hom vir die bewaring van die erfenis van die stad beywer en die blad Pretoriana uitgee, terwyl hy ook by geleentheid algemene sekretaris van die Vereniging van Onderwysers aan Transvaalse Middelbare Skole was en in die raad van die Nasionale Kultuurhistoriese en Opelugmuseum gedien het.

Voorts was hy lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir die Bevordering van die Wetenskap, die Genealogiese Vereniging van Suider Afrika, die National Geographic Society en die Afrikaanse Skrywerskring. Sy belangstellingsveld het ook die genealogie ingesluit en was hy outeur van etlike familieregisters.

Hy is in 1937 met Anna Maria (Annatjie) du Plessis getroud en die egpaar het twee dogters, Emmerenske Margaretha en Francoise Christine, gehad. Hulle het in Waterkloof gewoon. Hy is op 13 Februarie 2003 in Pretoria oorlede.

Uit sy pen het verskyn:

1953    Hasie verloor sy stert

1957    Hasie help vir skilpad

1968    Uit die skatkamers

1979    Die stamouers Coetzee en nageslagte 1697–1979

1983    Die jongosse verdryf die kalwerliefde en ander verhale

1986    Jeugherinneringe

1987    Die Heystek familieboek

Die Du Plessis familieboek 1688–1988

1988    Legende en sage

1997    Die geskiedenis van Rustenburg 1840–1940

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s