21 September 1923 | Ds. Pieter Bos oorlede

Ds_Pieter_Bos_(met_die_hoed),_'n_Gereformeerde_predikant,_as_krygsgevangene_op_Ceylon.jpg

Ds. Pieter Bos (met die hoed) as krygsgevangene op Ceylon.

’n Mensliewende persoon met ’n vaste geloof

Ds. Pieter Bos (gebore Schiedam, Nederland, 22 Oktober 1859) was ’n boekhouer en daarna baanbrekersendeling van die Gereformeerde Kerk.

Hy kom op 37-jarige leeftyd na Suid-Afrika en vestig hom as boekhouer in Pretoria. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902) word hy as krygsgevangene na Brits-Indië verban.

In 1904 begin Bos onder toesig van die kerkraad van GK Pretoria met sendingwerk onder die swart mense in die township en distrik van Pretoria. ’n Swart gemeente word op Middelbult gestig en hiervandaan brei die werk uit na die Maletsi-reservaat by Pietersburg, waar ook ’n gemeente gestig word, die heel eerste gemeente van die Gereformeerde Kerk onder die swart mense in Suid-Afrika.

Bos Ds P.jpg

Ds. Bos preek in die Gereformeerde kerk op Barkly-Oos.

Van 1907 af oriënteer Bos hom in die teologie onder leiding van dr. S.O. Los, predikant in Pretoria. Kragtens art. 8 van die Kerkorde word Bos in 1910 deur die Sinode met die oog op die sending as predikant toegelaat.

In dieselfde jaar word hy deur GK Pretoria as sendeling beroep en die sendingarbeid in Pretoria en omgewing en die Maletsi-reservaat as eintlike sendingterrein aan hom opgedra. So word hy die eerste heeltydse Gereformeerde sendeling.

Sy arbeid is veral toegespits op die Vendas in die Soutpansberg. In 1911 koop hy en sy vrou die plaas Dundee en in 1915 die plaas Uniondale in die distrik Soutpansberg.

Bos Ds Pieter Bos se graf op Uniondale 722.jpg

Ds. Bos se graf op die plaas Uniondale.

Hoewel in getalle bereken ds. Bos se sendingarbeid nie groot resultate bereik nie, is sy arbeid van groot belang, volgens dr. Bouke Spoelstra in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek. Jare lank het die gebied van Louis Trichardt die vernaamste sendingveld van die Gereformeerde Kerk gebly.

Volgens dr. Spoelstra was ds. Bos ’n mensliewende persoon met so ’n sterk verantwoordelikheidsgevoel, vaste geloof en taai deursettingsvermoë dat hy onder moeilike fisieke omstandighede steeds volhard het, selfs wanneer sy eie kerkgenote hulle teen die sending verset het.

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s