22 September 1902 | J. Albert Coetzee gebore

Die Volksblad oud.jpg

Die Volksblad van Bloemfontein was een van minstens vyf koerante waar J. Albert Coetzee gewerk het.

Professor ook joernalis, skrywer en Volksraadslid

J. Albert Coetzee was joernalis en redakteur van verskeie nuuspublikasies, asook professor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika. Hy het ’n aantal hoofsaaklik geskiedkundige romans asook verskeie polities-filosofiese geskrifte geskryf.

Hy het sy vroegste skoolopleiding ontvang aan die CNO-skool op sy geboortedorp, Steynsburg. In 1910 het die gesin na Potchefstroom verhuis, waar hy verder skoolgegaan het aan die Potchefstroom Gimnasium. Deur privaat lesse het hy matriek op 21 behaal, waarna hy deeltyds gewerk en verder studeer het aan die PUK.

In 1932 het hy ’n M.A. verwerf met ’n verhandeling oor afdelingsrade as instellings vir landelike selfbestuur in Suid-Afrika. In 1939 volg ’n D.Phil. aan die Universiteit van Suid-Afrika.

J Albert Coetsee.jpg

J. Albert Coetzee.

Coetzee was afwisselend werksaam as onderwyser en joernalis. As onderwyser het hy eers in Angola vir kinders van die Dorslandtrekkers skoolgehou, tot die ongesonde klimaat hom gedwing het om terug te keer na Suid-Afrika.

Jare later, in 1957, sou hy die Volkskomitee vir die Angola-Boere stig om agtergeblewe Afrikaners wat nie in 1928–’29 gerepatrieer is nie, terug te bring na die Unie of Suidwes-Afrika. Hy het ook skoolgehou in die distrikte Hoopstad en Wolmaransstad en vanaf 1935 tot 1941 aan die Hoërskool Grens, Oos-Londen.

As joernalis het hy gewerk by The Star, Die Weste in Potchefstroom, Die Voorligter op Somerset-Oos, Die Volksblad in Bloemfontein en Inspan in Johannesburg.

Terwyl hy redakteur daarvan was, het onsuksesvol as Nasionale Party-kandidaat in Brakpan gestaan, maar moes bedank weens sy kandidatuur. Hy moes egter noodgedwonge sy betrekking as gevolg van hierdie besluit neerlê.

Hierna het hy op Pietersburg ’n pers gekoop en die maatskappy Die Noordelike Pers Bpk. opgerig. Sy volgende loopbaanskuif was die oprigting in 1946 in Pretoria van die Transvaalse Uitgewersmaatskappy, wat in April 1946 die eerste uitgawe van die maandblad Voorslag gepubliseer het.

In 1946 het hy senior lektor aan Unisa in staatsleer geword. Hy was die eerste lektor in politieke wetenskap aan dié universiteit en sou later professor en hoof van die departement word. Met sy tweede probeerslag word hy verkies as NP-kandidaat in die kiesafdeling Kempton Park.

Gedurende sy verblyf in Angola het hy die wedervaringe opgeteken van die Dorslandtrekkers soos hulle dit self aan hom vertel het, en daarna het hy ook navorsing in bestaande bronne gedoen om die geskiedenis van die verskillende trekke vas te stel. Die resultaat was verskeie boeke oor hierdie geskiedkundige gebeurtenis.

Coetsee is op 25 Mei 1926 met Anna, dogter van L.C. Steyn, getroud. ’n Seun en ’n dogter is uit dié huwelik gebore.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s