26 September 1886 | GRA-lede koop Langlaagte

Bestuur_van_Johannesburg_se_Kring_van_Afrikaanse_Skoolhoofde_en_Onderhoofde,_1954.jpg

Die bestuur van die Randse Kring van Afrikaanse Skoolhoofde en Onderhoofde, 1954. Van links: J.J. Nel (Richmond-laerskool, penningmeester), dr. J.H. Oosthuizen (Langlaagte-laerskool, voorsitter), I.J. Grové (Aucklandparkse Laerskool), J.J. van Wyk (Laerskool Goede Hoop, Mayfair, sekretaris) en J.J.F. du Toit (Laerskool Johan Rissik, ondervoorsitter).

Ds. S.J. du Toit en sy vennote stig ’n dorpsgebied in Goudstad

Van die oorspronklike delwerskampe in die beginjare van Johannesburg ná 1886, het Paarlkamp die grootste getal Afrikaanse bewoners gehad. Dis aangelê op ’n gedeelte van die plaas Langlaagte wat lede van die Genootskap van Regte Afrikaners op hierdie dag vir £5 000 by G.C. Oosthuizen gekoop het. Die standplase is in Januarie 1887 per openbare veiling verkoop.

Du Toit ds SJ. Vader van Totius 222.jpg

Ds. S.J. du Toit op besoek aan Italië.

Hier het ds. S.J. du Toit, Totius se vader, die eerste Afrikaanse erediens in Johannesburg gelei en is die Langlaagte-weeshuis kort ná die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) deur ds. Abraham Kriel van die NG gemeente Langlaagte gestig.

In 1889 is die Laerskool Langlaagte gestig, net drie jaar ná die stigting van Johannesburg, in die omgewing van Paarlkamp. C.J. Langenhoven was die Langlaagte-skool se waarnemende hoof van Julie 1895 tot April 1896. Oor sy tyd aan die skool, het Beeld in 1989 soos volg berig:

“Min skole kan soos die eeu oue Laerskool Langlaagte in Johannesburg spog dat die skrywer C.J. Langenhoven sowat ’n eeu gelede gehuil het omdat van dié skool se leerlinge nie in die Junior Matriekeksamen kon slaag nie. Hy het destyds die ses leerlinge in die senior klas in die skool met ’n perdewaentjie aangery stad toe na die saal waar hulle die eksamen vir Junior Matriek afgelê het. Smiddae het hy hulle weer gaan haal.

CJ_Langenhoven.jpg

C. J. Langenhoven en sy vrou by die NG moederkerk op Oudtshoorn op die huweliksdag van hul dogter, Engela, in 1926.

“Mev. Freda Morgendaal, ’n nooi Le Roux, het later in ’n jaarblad van die skool vertel: ‘Ons was ’n stuk of ses, en hy én ons was seker dat ons sou slaag – en daar druip ons hele klomp! O, sal ek Langenhoven se gesig ooit vergeet die dag toe die uitslae verskyn! Die teleurstelling! En toe ons weer kyk, rol die trane oor sy wange.

“‘Langenhoven het nie één woord van verwyt laat hoor nie, maar as hy vir ons gesê het: “Spring in daardie gat en sny jou keel af,” dink ek sou ons dit gedoen het – só sleg het ons gevoel en só skaam was ons dat ons gedruip het nadat hy soveel aandag aan ons bestee het.’”

In sy eeufeesjaar was meer as 60% van die skool se 196 leerlinge inwoners van die Abraham Kriel-kinderhuis. Omdat die skool dus baie min ouers gehad het wat kon help geld insamel, het hy noustrop getrek.

In Mei 1993 het Beeld berig oor die moontlike verskuiwing van die kinderhuis nadat drie van die vier skole wat die kinders bygewoon het, gesluit het: die Laerskool Langlaagte, Hoërskool Die Goudveld en Hoërskool D.F. Malan in Crosby.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s