20 Oktober 1990 | GK Drieviersboom se kerk in gebruik geneem

Drieviersboom.jpg

Die ingebruikneming van die kerkgebou op Dwaalboom op 20 Oktober 1990.

Kerk steeds gebruik al het gemeente ontbind

Die Gereformeerde Kerk Drieviersboom was ’n gemeente van die GKSA met sy kerkgebou op Dwaalboom, terwyl dienste ook gehou is op Northam, albei in Limpopo.

Die naam Drieviersboom kom van ene Bester. Toe die poskantoor op die plaas Groenboom geopen moes word, is die naam van die plaas aanbeveel, maar die Hoofposkantoor het laat weet daar was reeds ’n poskantoor met dié naam; ’n ander naam moes voorgestel word.

Ds_LAS_van_Wyk_en_familie_by_GK_Drieviersboom_se_50ste_verjaardag_Julie_1988.jpg

Ds. L.A.S. van Wyk en familie by Drieviersboom se 50ste verjaardag in Julie 1988.

Die naam van die betrokke plaas is amptelik Groenboom 444. Die drie viers en die laaste lettergreep van die plaasnaam is geneem en so is die naam Drieviersboom geskep. Die poskantoor is later verskuif na ’n buurplaas, Bloemendal, maar het sy unieke naam behou.

GK Drieviersboom is in Januarie 1938 gestig uit wyke van GK Rustenburg, die oudste gemeente in die Kerk. ’n Deel van die bruidskat was ’n sinkgebou op Bloemendal wat ’n lidmaat, ene Naudé, geskenk het. Die grond was ’n skenking van nog ’n lidmaat, ene Bekker.

Kerkraad_van_die_Gereformeerde_kerk_Drieviersboom_met_die_50-jarige_viering,_Julie_1988.jpg

Ds. Van Wyk (sittende vierde van links) en sy kerkraad met die 50-jarige viering in Julie 1988.

Later is die gebou na Langverwacht verskuif, waar die huidige kerkgebou opgerig is. Die gemeente besluit om eers ’n nuwe sinkgebou te bou. Die bouwerk is aan F. Malan, I. Malan en H. van der Walt toevertrou.

Hierdie gemeente, wat in 2001 nog 102 belydende en 36 dooplidmate gehad het, het in 2008 deel geword van GK Thabazimbi. Van toe af word eredienste nog op Dwaalboom, waar die kerkgebou op hierdie dag in gebruik geneem is, en in die Laerskool Northam se skoolsaal gehou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s