21 Oktober 1899 | Eerste Boere gevange geneem

Boerekrygsgevangenes_in_die_Bellevue-kamp,_Simonstad.jpg

Die eerste krygsgevangenes is in Suid-Afrika in kampe soos Bellevue, Simonstad, aangehou, maar namate hul getalle skerp toegeneem het, is gevangenes oorsee gestuur na onder meer Sint Helena en Ceylon.

Slag van Elandslaagte 10 dae ná vyandighede begin

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is sowat 27 000 krygers van Transvaal en die Vrystaat – asook Kaapse Rebelle en simpatiseerders uit ander lande – gevange geneem en in die Karibiese Streek, die suidelike Atlantiese Oseaan en Asië aangehou. Na raming was sowat een uit 10 van die bannelinge Doppers, onder wie ook heelparty predikante.

Maarten_Kruger_en_sy_seun_Louw,_Boerekrygsgevangenes_op_Ceylon,_1901.jpg

Die Doppers Maarten Kruger en sy seun Louw op Ceylon, 1901. Die ouderdomme van die bannelinge het gewissel van agt tot oor die 80.

Die eerste Boere is met die Slag van Elandslaagte op hierdie dag, presies 10 dae nadat Transvaal en die Vrystaat oorlog verklaar het, gevange geneem en na ’n kamp in Groenpunt in Kaapstad gestuur.

Boerekrygsgevangenes_in_die_Bellevue-kamp,_Simonstad,_met_hul_handwerk.jpg

Boerekrygsgevangenes in die Bellevue-kamp, Simonstad, met hul handwerk.

Grootskaalse oorgawes, soos dié deur genl. Piet Cronjé by Paardeberg op 27 Februarie 1900 en genl. Marthinus Prinsloo in die Brandwaterkom op 30 Julie 1900, het meegebring dat die kampe vir krygsgevangenes in die Kaapkolonie en Natal gou te klein geword het.

Hierna het Brittanje besluit om die krygsgevangenes oorsee te verban, ook omdat hulle bang was vir ’n inval in die Kaapkolonie, om ontsnapping te bemoeilik, om die vegtende Boere en naasbestaandes van die gevangenes te demoraliseer en om nie te veel uiteenlopende soorte kampe in Suid-Afrika te bedryf nie.

Hulle was ook bevrees Kolonialiste in die omgewing van die kampe kon in opstand teen die Britse owerheid kom en die aangehoudenes probeer bevry.

Snyerswinkel,_Sint_Helena,_Tweede_Vryheidsoorlog,_Boerekrygsgevangenes.jpg

’n Snyerswinkel op Sint Helena.

Die krygsgevangenes is gevolglik gestuur na Sint Helena, Ceylon (Sri Lanka), die Bermuda-eilande en Indië, waar 14 kampe was. Op plekke is hospitaal- of ruskampe ingerig; op ander strafkampe en tronke vir halsstarriges of kampe in streke met ’n ellendige klimaat wat as straf moes dien vir diegene wat nie wou sweer dat hulle nie weer teen Engeland sou veg nie (die onversetlikes of onversoenlikes).

Lord Kitchener het self bereken dat 25 000 Boere in al die kampe tesame aangehou is, van wie seuns van net agt jaar en ou manne van oor die 80 jaar. Volgens ander ramings was die getal nader aan 30 000.

Gereformeerde_Boerekrygsgevangenes_op_Ceylon,_1900.jpg

Lidmate van die Gereformeerde Kerk wat in 1900 as Boerekrygsgevangenes op Ceylon aangehou is.

Namate die oorlog voortgesleep het, het praatjies van vrede toegeneem. Kort voor lank is gevangenes oral in twee kampe verdeel: diegene wat ná vrede huiswaarts wou keer en die onversetlikes, wat van geen oorgawe of eed van trou aan die Britse vors wou hoor nie.

Ná die Vrede van Vereeniging van 31 Mei 1902 het amper almal die eed van trou aan die Britse kroon afgelê, maar enkeles, die “swearnots”, het jare lank in die kampe agtergebly omdat hulle geweier het om dit te doen.

Bittereinders_in_die_Broadwood-kamp,_Sint_Helena.jpg

Bittereinders in die Broadwood-kamp, Sint Helena.

Einde 1904 was daar nog etlike honderde “swearnots” in Indië sodat genl. Koos de la Rey daarheen gestuur is om hulle tot ondertekening te beweeg. Enkeles het dit nooit gedoen nie en verhuis na die VSA, Duitsland, Java en elders. Die onversetlike Matthys Swart is in 1926 as die heel laaste bittereinder op die Bermuda-eilande oorlede.

Boerekrygsgevangenes_op_Sint_Helena_by_die_onthulling_van_'n_gedenkteken_wat_hulle_self_gebou_het,_1902

Boerekrygsgevangenes op Sint Helena by die onthulling in 1902 deur ds. B.J. Wessels (NGK) van ’n gedenkteken wat hulle self gebou het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s