16 November 1924 | Judie du Plessis gebore

Judie du PlessisJudith du Plessis (oorlede in Pretoria op 30 Desember 2003) was predikantsvrou in die Gereformeerde Kerke en onderwyseres.
Judie Goossens is gebore op Jacobsdal in die Wes-Vrystaat. Haar vader was prof. Antoon Goossens, ’n professor in plantkunde aan die PU vir CHO. Sy matrikuleer in 1940 aan die Hoërskool Gimnasium met ’n onderskeiding in Duits en behaal die hoogste punte in Transvaal vir Afrikaanse letterkunde. Sy was lid van die leerlingraad en het erekleure vir akademie verwerf.

Sy verwerf in 1943 die B.A.-graad aan die PUK, met onderskeiding in albei haar hoofvakke, Duits en Hollands, en die U.O.D. (H.O.D.) in 1944 met lof.

As student was sy lid van die bestuur van die Afrikaanse Nasionale Studentebond (ANS, later die ASB), lid van die PUK se volkspele-demonstrasiegroep en kaptein van die damesjukskeispan. In 1944 wen sy die redenaarsbeker vir dames.

In 1945 gee sy onderwys aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria en die Hoër Huishoudskool in Potchefstroom, en in 1946 aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad.

Ná haar troue op 19 Oktober 1946 met dr. Sarel du Plessis (1920–1972) gee sy onderwys aan die Laerskool Oliver Lodge op Vanderbijlpark en in Potchefstroom aan die Hoërskool Gimnasium, die Hoër Handelskool en die High School for Girls.

In 1964 was sy ’n tydelike junior lektrise in Duits aan die PU vir CHO. Sy was in 1966 voorsitter van die PU-dameskring en was stigterslid en eerste voorsitter van ’n leesunie vir dames in Potchefstroom. Sy was in 1994 lid van die lektuurkommissie van die kerkraad van die Gereformeerde kerk Meyerspark, Pretoria.

Sy het van 1962 af gereeld boekresensies behartig en verskeie artikels vir Slingervel (die jeugblad van die Gereformeerde Kerke) geskryf. Sy het ook dikwels vertalings uit Afrikaans in Duits en omgekeerd gedoen en uit Engels in Afrikaans.

Ná haar man se dood in 1972 het sy in Desember 1973 na Pretoria verhuis. In 1974 was sy werksaam in die visumafdeling van die departement van binnelandse sake.

In 1975 gee sy onderwys aan die Lyttelton Manor High School in die destydse Verwoerdburg. Van 1976 tot met haar aftrede in Desember 1988 was sy verbonde aan die Transvaalse onderwysmediadiens as vakkeurder (Duits, Afrikaans en Nederlands).<

Een van die egpaar se vier kinders was die sakeleier en politikus Kobus du Plessis.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s