17, 18 November 2001 | Tweede Keetmans-kerk in gebruik

GK Keetmanshoop.jpg

Die ou gebou van die destydse NG Gemeente Keetmanshoop huisves nou die Gereformeerde Kerk Keetmanshoop.

Geref. gemeente neem weer NG kerkgebou oor

Die huidige kerkgebou van die Gereformeerde kerk Keetmanshoop, wat die kerkraad in 2001 aangekoop het, was nes die vorige een voorheen ’n NG kerkgebou en wel die kerk van die NG gemeente Keetmanshoop-Noord, wat in 1958 van die NG moedergemeente afgestig, maar omstreeks 2000 weer by dié gemeente ingelyf is weens die vermindering van die lidmaattal van albei gemeentes.

Dis in die 1970’s opgerig in die tentstyl (kappiekerk) na die ontwerp van die argitek J. Anthonie Smith. Die bouaannemer was K.W. Wurth en die oprigting het R98 890 gekos. Die hoeksteen is op 18 Augustus 1972 gelê en die plegtige inwyding was op 22 en 23 Februarie 1975.

Dié kerk se orrel kom uit die ou NG kerk op Wolseley, ook ’n ontwerp van Smith, wat sodanig in die aardbewing van 29 September 1969 beskadig is dat die gebou gesloop moes word.

Die gemeente het toe die orrel vir R3 000 aan die NG gemeente Keetmanshoop-Noord verkoop en ’n nuwe kerkgebou, weer Smith se ontwerp, laat oprig met ’n nuwe orrel. Die firma Cooper, Gill & Tomkins van Kaapstad het die ou orrel herbou en gemoderniseer teen sowat R10 000.

Met die inlywing van Keetmanshoop-Noord by die NG moedergemeente, het die verenigde gemeente weer, soos in 1950, ’n kerkgebou aan die Gereformeerde kerk gebied, dié keer teen die billike prys van N$300 000, minder as wat die Gereformeerde kerk vir hul ou kerk gekry het.

Dié kerkgebou is feestelik op hierdie dae deur die Gereformeerde kerk in gebruik geneem.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s