18 November 1985 | Ds. Willem Venter oorlede

771px-Atletiekspan_van_die_PU_vir_CHO,_1926.jpg

Willem Venter was in 1926 lid van die eerste span van die PU vir CHO wat ‘n enkele punt kon aanteken op ‘n Dalrymple-byeenkoms. Staande: S.J. van der Walt, Sampie de Kock, J.J. van der Walt en J. Meyer. Sittende: D.G. Steenkamp, J. Vorster, J.F. du Plooy en Willem Venter.

Ds. Willem Frederik Venter was tussen 1930 en 1966 ’n predikant in drie gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, waarvan 16 en ’n half jaar in Krugersdorp.

Ds_WF_Venter.jpg

Ds. Willem Venter.

Tydens Willem Venter se geboorte op 23 Maart 1900 op Burgersdorp in Noordoos-Kaapland was dit die donker tyd waarin sogenaamde Kaapse Rebelle tot die dood veroordeel is vir sulke nietighede soos perdespore op hul werf.

Kort ná die Driejarige Oorlog het W.F. Venter sr. met sy gesin verhuis na Venterstad, en hier het Willem sy hele skoolonderrig aan dieselfde skool ontvang. Aanvanklik het hy gemeen sy roeping is onderwyser. Hy het dan ook as sodanig gekwalifiseer aan die Bloemfonteinse Normaalkollege.

Nadat hy ongeveer 18 maande onderwys gegee het, het die begeerte sterk by hom opgekom om predikant te word.

Einde 1921 het hy dan ook die onderwys vaarwel toegeroep en van die volgende jaar af aan die PUK vir CHO studeer. Ná ’n tweejarige onderbreking van sy studie (in watter tyd hy weer onderwys gegee en terselfdertyd verder studeer het) begin hy in 1926 met die teologiese kursus, en aan die end van 1929 lê hy die kandidaatseksamen af en word kort daarna beroep na Krugersdorp, waar hy in Februarie 1930 bevestig is.

Gedurende sy eerste periode as onderwyser, naamlik in die distrik Bethulie in die Suid-Vrystaat, het hy ingewoon by J.J. Venter van Broekpoort, met wie se enigste dogter hy aan die end van 1929 getroud is.

Ds Willem Venter.jpg

Ds. Venter in sy studeerkamer.

In Krugersdorp, die gemeente van hul eerste liefde, arbei die Venters 16,5 jaar. Hulle het nie alleen die gemeente gesien groei nie maar ook hul eie huisgesin: vier seuns en een dogter. In Augustus 1946 verhuis die gesin na Louis Trichardt waar ds. Venter die kombinasie Louis Trichardt-Magalakwin bearbei, en ook al die tyd van sy bediening alhier as konsulent van Laeveld opgetree.

Ná byna drie jaar in die noorde volg ds. Venter ’n beroep op na Pretoria-Noord, waar ds. en mev. Venter die daaropvolgende sowat 17 jaar sou bly tot hy sy emeritaat in 1966 aanvaar het. Daarna is hy nog ’n aftrede van amper 19 jaar gegun.

Ds. Venter was sedert 1950 lid van die kuratorium van die Teologiese Skool van omstreeks 1956 voorsitter.

Facebook-kommentaar

Karel Marais Hy was my Pa en Ma se predekant in Magalakwin ( Alldsys)
Frans van Aartsen Hy was baie jare nà emeritaat in ons gemeente, GK PTA-Wonderboom-Suid waar hy my ouers, wat toe asn die begin jare van immigradie van Ndl na Suid-Afrika was, 1949, baie behulpsaam was met aansluiting by genoemde gemeente & inburgering. Wonderlike ‘ou ds Willie’ & kon altyd enige tyd deur ‘n ring trek; baie kete by GK PTA-WBS gepreek ook.
Magdalena Henrietta Elizabetha Ja Frans ek onthou hom ook dat hy daar in WbSuid kom .preek het. Baie statig en netjies en kalm.
Retha Zylstra JJ Venter van Broekpoort was my oupa.
Heila Britz Ek was n klein dogtertjie in Remhoogte Ger. Kerk toe het hy altyd kom nagmaal en troue ens.kom waarneem by ons. Later was hy in Pta. Noord ons predekant. Hy het my Hele familie baie goed geken.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s