18 November 1995 | Hentiesbaai-kerk in gebruik

Gereformeerde kerk Hentiesbaai.jpg

Die Gereformeerde kerk op Hentiesbaai. FOTO: Jan A.J. Kruger

Eerste Doppers kom woon in 1965 op kuisdorp

Die Gereformeerde Kerk se teenwoordigheid op Hentiesbaai kan teruggevoer word tot 1965 toe Jan en El Labuschagne en hul gesin hulle hier kom vestig het as volgens oorlewering die eerste Gereformeerdes op die dorp.

Namate meer lidmate hulle op Hentiesbaai kom vestig het, is in 1984 toestemming verleen om Nagmaal op Hentiesbaai te vier.

In 1992, twee jaar ná Namibië en onafhanklikwording, maar twee jaar voor dié enklawe aan die land oorhandig is, het Walvisbaai se munisipaliteit begin om al die opslaanhuise van die SA Weermagte teen R2 000 elk te verkoop.

Omdat die Weermag-kerkgebou, ook ’n opslaankonstruksie, toe nog in gebruik was, is dit eers in 1993 te koop aangebied vir dieselfde bedrag as ’n huis. Die Hentiesbaai-wyke van die GK Walvisbaai het dadelik belanggestel en het begin onderhandel. Eindelik het die munisipaliteit die kerkgebou aan die Hentiesbaai-wyke geskenk.

Lidmate het dadelik aan die werk gespring. Die opslaangebou, bestaande uit asbespanele, is afgebreek en met bakkies na Hentiesbaai gebring om hier herbou te word.

Met geldelike steun van baie lidmate, groot bydraes van lidmate van ander gemeentes (wat vakansiehuise op Hentiesbaai gehad het), pannekoekverkopings deur die susters asook ander geldelike en stoflike donasies, is met die oprigting van die kerkgebou begin.

Ná ‘n bietjie langer as drie maande het die kerkgebou gestaan danksy die harde werk van lidmate wat alles self gedoen het.

Sowat ’n jaar lank is dienste in die kerkgebou gehou wat nog nie heeltemal klaar was nie, maar in 1995 is alle afrondingswerk afgehandel en kon die ingebruikneming op hierdie dag plaasvind.

Ds. Hennie Schutte, Walvisbaai se destydse predikant, het die gedenksteen, met die woorde “God voorsien” daarop, onthul. Later is die geboutjie met stene toegebou om dit teen die elemente te beskerm.

Ds. Frans de Bruyn het ’n paar jaar op Hentiesbaai uitgehelp saam met ds. Landman Vogel en tot ds. Brahm Robinson diens aanvaar het in 2014. Hy was saam met die gemeentelede verantwoordelik vir die oprigting van die kerk se toring.

Eers in 2006 het Hentiesbaai afgestig van Walvisbaai as die eerste nuwe Gereformeerde kerk in Namibië ná onafhanklikwording, maar met die geskiedenis van Suidwes-Afrika bygereken, die 21ste. Sewe van die gemeentes het egter tot in daardie stadium ontbind.

Ná Hentiesbaai is nog drie gemeentes gestig, maar omstreeks 2015 het vyf kerke, Aranos, Outjo, Biermanskool, Namib-Kus en Khomas-Hoogland, hulle losgemaak van die kerkverband.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s