8 Desember 1951 | GK Uitenhage gestig

GK_Uitenhage_(3).JPG

Die gemeente se huidige kerkgebou is in  1975 in gebruik geneem. Let op hoe steil die dag styg van die ingang na die kant van die preekstoel.

Vierde oudste gemeente in Klassis Karoo-Kei

Die Gereformeerde Kerk Uitenhage is die vierde oudste gemeente in Klassis Karoo-Kei en op die oomblik, met 80 belydende en ses dooplidmate, die vierde kleinste van die 13 gemeentes.

Die gemeente het op hierdie dag van GK Port Elizabeth afgestig. Dienste is aanvanklik in huise en skoolsale gehou en op uitnodiging van die Kongregasionalistiese kerk is hul saal en later kerkgebou vir eredienste gebruik.

GK_Uitenhage_eerste_kerkgebou_(3).JPG

Die gemeente se ou kerkgebou.

In 1956 het die gemeente ’n kerkgeboutjie gekoop, maar dit ná 16 jaar verkoop en besluit om ’n groter gebou op te rig. Die erf vir dié doel het die gemeente teen R2 van die stadsraad aangekoop.

Prof. J.P. Snyman het as argitek opgetree in ’n tyd toe hy lidmaat was van Port Elizabeth. Die bouaannemer was Jaap vermaak, ’n lidmaat van Uitenhage.

GK_Uitenhage_interior_(2).JPG

Die kanselruimte met sy hoë plafon.

Hierdie gebou het ’n unieke karakter. Van die ingang af loop die mure van klein na groot, wat die klein mens voorstel wat na die grote God toe gaan. Die enigste venster in die hoofdeel van die gebou is so geplaas dat alle lig op die preekstoel val, want deur prediking van die Woord ontmoet die Here die gemeente.

Dié kerk is op 1 Februarie 1975 in gebruik geneem.

Lewer kommentaar