6 April 1652 | Gereformeerde volksplanting

Kerkblad

Die voorblad van Die Kerkblad van 6 April 1977, presies 325 jaar nadat Jan van Riebeeck aan wal gekom het in Tafelbaai.

‘Vaste dankdag’ nie meer gevier

Op die voorblad van Die Kerkblad se uitgawe van 6 April 1977 het die volgende berig onder die opskrif “Gereformeerde volksplanting” verskyn:

Die vestiging van Blankes aan die Kaap van Goeie Hoop was om ekonomiese of handelsredes. Dit het gebeur in die middel van wat as ’n Goue Eeu in Nederland beskryf word. Op die gebied van seevaart en handel, asook in die letterkunde en skilderkuns was daar ’n hoë bloei. Die begin van daardie eeu is gekenmerk deur ’n felle stryd tus-en die Gereformeerdes en die Remonstrante. Dit het uitgeloop op die groot Sinode van Dordrecht (1618/’19).

Staatsbeheer het meegebring dat die goeie gevolge van hierdie sinode nie kerklik kon deurwerk nie. Tog is ’n godsdienstige beskouing wat in sekere opsigte sake vir die mens wou handhaaf – met ’n streep van humanisme – geduld. Dit was die godsdienstige agtergrond waarvandaan Jan van Riebeeck deur die Here Sewentien uitgestuur is.

Daarom begryp ons dat by die aankoms van die drie skepe in Tafelbaai ’n gebed tot God gerig is. Daarin is vermeld óók van die plant en uitbreiding van die Gereformeerde godsdiens in hierdie land. En twee jaar later word bekendgestel ’n besluit wat geneem is vir 6 April. Ons meld daaruit die volgende:

• God die Here het na ’n reis met die Drommedaris, Reyger en Goede Hoop ’n behoue aankoms geskenk.
• Hy het ook alle sake met baie seëninge voorspoedig en na wense laat verloop en laat slaag.
• Dié dag sal tot eer van God met danksegging gevier word, as vaste dank- en biddag, sodat die weldade van die Here nooit vergeet word nie, maar tot eer van God in gedagtenis gehou word.

Sowat twintig jaar lank was Van Riebeeckdag in ons land ’n openbare vakansiedag. Een rede van afskaffing was omdat dit wesenlik nie in ere gehou is nie. ’n Ander was dat dit meesal te naby aan die Paasnaweek val. Ons kan dit nog in ons harte en huise en kerke in herinnering roep – met nuwe erkenning en wyding van ons lewe.

Nooit beter as waaraan die Paasfees ons herinner nie: Christus het sy taak voltooi in totale gehoorsaamheid en roep sy kerk om die Evangelie uit te dra. Deur verkondiging van die Woord en ’n heilige lewe daarvolgens.

One thought on “6 April 1652 | Gereformeerde volksplanting

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s