7 April 1859 | GK Pretoria gestig

GK Pretoria vergrote kruiskerk kerkgebou

Die kerkgebou van 1867 is in 1877 vergroot, maar in 1910 gesloop.

Laaste Susterkerk in Pretoria se middestad

Die Gereformeerde Kerk Pretoria is op hierdie dag in 1859 op die walle van die Pienaarsrivier noordoos van Pretoria gestig. Op dié kerkplaas te Pienaarsrivier is ’n rietkerk met ’n rietdak opgerig. (ln 2009 is ‘n gedenkteken deur die gemeente op die terrein opgerig.) In Oktober 1863 was dié gebou gereed.

In 1863 het die gemeente ses erwe in die dorp Pretoria tussen Kerk- en Pretoriusstraat van die regering van die ZAR bekom. Dit was van hierdie erwe waarop die kerkgebou steeds staan. Spoedig is ’n paalkerk opgerig, maar dit was kort voor lank ontoereikend.

Gereformeerde_kerk_Pretoria_(Paul_Kruger),_oostelike_aansig,_Gustav_Opperman

Paul Kruger het die hoeksteen van die huidige kerk op sy verjaardag,. 10 Oktober, in 1896 gelê. (Foto: Gustav Opperman)

Ds. N.J.R. Swart het hom vir ’n nuwe kerkgebou beywer, en reeds in Desember 1866 het die bouer J.N. Arnoldi ’n tender ingedien. Dit was die ontstaan van die sogenaamde waenhuiskerk (’n reghoekige vorm). Die hoeksteen is op 8 April 1867 deur pres. M.W. Pretorius gelê.

Slegs vyf jaar later is gemeld dat baie lidmate tydens Nagmaal buite moes staan. Die ontwikkeling van klein sy-arms was die begin van die vergroting wat die kerk ’ngrondplan in ’n kruisvorm sou gee. Die rietdak is met sink vervang en steunbere het die mure gestut. Teen 1877 is hierdie eerste vergroting afgehandel.

Kansel GK Pretoria 2

Die preekstoel met die stoele waarop Paul en Gezina Kruger gesit het daarvoor. (Foto: Gustav Opperman)

Tydens die bediening van ds. Petrus Postma (1882–1904) sou die kerk heelwat vergroot word. Gedurende 1884-’85 het die aanbou van twee kruisarms in ’n oos-wes-rigting die kerk vergroot tot ongeveer 500 sitplekke. Hierdie werk het onder leiding van ouderling G.L. Pierneef (meesterbouer en vader van die skilder J.H. Pierneef) en H. Dijksterhuis gestaan.

Op 16 Oktober 1885 kon die vergrote gebou in gebruik geneem word. In Junie 1893 is ’n Sauer-orrel uit Duitsland in gebruik geneem. Dié historiese orrel is vandag nog in gebruik. Ongelukkig het hierdie kerkgebou ná die bou van die huidige kerk verwaarloos. Dit is in 1910 aan die staat verkoop en daarna gesloop.

Die Gereformeerde Kerk Pretoria is vandag die enigste oorblywende Susterkerk in Pretoria se middestad.reklame grootpad grondpad

2 thoughts on “7 April 1859 | GK Pretoria gestig

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s