29 April 1922 | Hoeksteen van ou Carolina-kerk gelê

Ou Gereformeerde kerkie op Carolina

Die ou kerkie op Carolina waarvan die hoeksteen op 29 April 1922 gelê is.

Ou kerk word saal ná bou van nuwe

In die jare ná die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) het talle families in die distrik Carolina, onder andere Vermaak, Van Wyk, Van Vuuren, Joubert, Davel en Du Plooy, besware gehad teen hul kerk, die NH of G Kerk, se leer, tug en diens. Sommige het hul gemeenskap met die Verenigde Kerk opgesê nadat hul pogings tot versoening misluk het.

Nadat hulle ’n tyd lank tot geen kerk behoort het nie, het die beswaardes bymekaargekom en besluit om ds. S.J. du Toit te vra om die Woord en Sakrament aan hulle te bedien aangesien hy toe juis in Transvaal was.

Op 16 Januarie 1907 het al die beswaardes op die plaas Witbank van nog ’n beswaarde, G.J.R. Nel sr., byeengekom. Onder ds. Du Toit se voorsitterskap het die vergadering eenparig besluit om ’n Gereformeerde Kerk onder die Kruis te stig.

In Januarie 1914 is ’n algemene vergadering van die drie Kruisgemeentes in Kaapland, twee in die Vrystaat en drie in Transvaal gehou en eenparig besluit om na die Gereformeerde Kerk oor te gaan.

So het die Gereformeerde Kerk Breyten/Carolina in 1914 tot stand gekom. In 1921 het die gemeente sy kerkgebou op Breyten aan die Wesleyaanse kerk verkoop en toe het die gemeente se naam net Carolina geword.

Ds. H.J.R. du Plessis het hoeksteen van die gemeente se nuwe kerkgebou op Carolina op hierdie dag in 1922 gelê. Die gebou is in September daardie jaar in gebruik geneem tydens ’n plegtigheid waar ds. C.W.M. du Toit, S.J. du Toit se seun, as prediker opgetree het.

Nadat die tweede kerk op Carolina opgerig is, is die oue as kerksaal ingerig, ’n doel waaraan dit vandag nog voldoen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s