30 April 2018 | Christien Duvenage oorlede

31747425_10156524239891155_8406032390262095872_n.jpg

Christien en ds. A.P.C. Duvenage.

Predikantsvrou ook pastoriedogter

C.M.E. (Christien) Duvenage is op hierdie dag in die ouderdom van 80 jaar en agt maande oorlede.
Mev. Duvenage (née Van der Merwer) is op 27 Augustus 1937 as ’n predikantsdogter gebore. Haar nooiensvan was Van der Merwe. Sy was ’n briljante wiskunde-onderwyseres. Haar suster Hannetjie is met prof. Koos Vorster getroud. Haar een broer, Mike, is ’n advokaat en nog een, Stoffel, was ’n kabinetsminister in die ou bedeling.
 
Saam met haar man, ds. A.P.C. (Peet) Duvenage, het sy in die volgende gemeentes gedien: Eikenhof 1959–1962, Johannesburg-Wes 1962–1971, Bloemfontein-Suid 1971–1981 en Bultfontein 1981–1999, waar hy sy emeritaat aanvaar het. Hy het haar op 8 Januarie 2016 ontval.
 
Mev. Duvenage se begrafnis is op Vrydag 4 Mei om 10:30 op Derby gehou, waarna die troosdiens om 12:00 in die Gereformeerde kerk by De Wetstraat 64 op Koster plaasgevind het.
 
Esta Berg was een van My Dopperdagboek se lede wat verlede jaar aan mev. Duvenage en haar man hulde gebring het. “Twee dierbare mense gewees. My paaie het met hulle gekruis toe hulle in Bultfontein was, voordat ek my man ontmoet het. Sy het ’n hart van goud gehad.
 
“Die Boeke vat na aandete saam met die gesin het my geweldig aangegryp, en daarna die sing van Psalms. Dit was voor ek self ‘n dopper geword het. Mooi herinnering, ‘n voorbereiding en voorbeeld vir my.”
 
En haar seun Joe Duvenage het geskryf: “Ek is so dankbaar as jongste kind van vier (gebore Johannes) om haar my ma te kan noem. Sy het haar kruis met Alzheimer se siekte met waardigheid gedra.
 
“Ek was bevoorreg om Sondag saam met haar te kon Bybel lees en het saam met haar gebid. Ook dat as dit Sy wil is dat Hy haar sal kom haal. Maandag oggend het Hy haar kom haal.
 
“Sy het ten spyte van haar siekte in die ouetehuis sonder psalmboek saamgesing wanneer daar dienste en begrafnisse gehou is. So het sy ten spyte van haar siekte nog tot op die einde van Sy grootheid getuig.
 
“Ons lees nou deur ‘n boekie oor gebed wat in haar ouetehuis kamer was. Sy het in verwronge handskrif by van die dagstukkies geskryf: ‘Dankie, Hemelse Vader, ek het u waarlik lief – dankie dat u soveel tyd na ons luister en ook met ons praat. Here ek het ’n behoefte om by U te sit en na u te luister. Christien Duvenage.’
 
Dit doen sy nou voltyds!
 
“Ons is as familie is dankbaar vir haar in ons lewe en die liefde vir die Here wat sy en pa Peet vir ons van geleer het en ‘n voorbeeld was. Ons dien ’n groot Here!”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s