5 Mei 1877 | Dirk Postma (seun van Martinus) gebore

Postma ds Dirk & eggenote, Alida as jong getroude paartjie 640

Ds. Dirk Postma en sy eerste vrou, Alida, as jong getroude paartjie.

Een van die sterkste figure in die GKSA

 
Ds. Dirk Postma, ’n kleinseun en naamgenoot van die eerste predikant van die Gereformeerde Kerk, is op hierdie dag in 1877 op Aliwal-Noord gebore waar sy vader, ds. Martinus Postma, die stigter van die openbare skool was. 
Postmakinders Dirk, Ferdinand & Robert 418

Ds. Martinus Postma se seuns Dirk, Ferdinand en Robert.

Hy is oorlede op Burgersdorp op 29 Desember 1940 nadat hy reeds sedert 1906 die plaaslike Gereformeerde predikant was.

 
Tydens sy bediening word op Burgersdorp is die sierlike kerkgebou in die Gotiese boustyl opgerig en in Oktober 1913 in gebruik geneem, volgens sommige een van die mooiste kerkgeboue in sy soort in Suid-Afrika.
In sy gemeente was hy ’n aktiewe voorstander van Christelik-nasionale onderwys, soos sy aandeel aan die heroprigting van die Vrye Christelike skool op Burgersdorp in 1908 getuig.
 
Postma Dirk, seun van Martinus Postma 638

Dirk Postma as jong seun.

Hy tree herhaalde kere op as voorsitter van die sinode van die Gereformeerde Kerk en dien 20 jaar as lid en veral as voorsitter van die kuratorium van die teologiese skool op Potchefstroom. Hy was lid van talle kerklike kommissies en verteenwoordig sy Kerk in 1927 op die sinode van die Gereformeerde Kerk in Groningen, Nederland. In 1922 besoek hy die Angola-Boere met wie se terugkeer na die Unie en Suidwes-Afrika hy enkele jare later veel te doen sou hê.

 
Postma Ds Dirk (jnr) en sy eerste vrou Alida en kinders

Ds. Dirk en Alida Postma met van hul kinders

Dr. B.R. Krüger skryf van ds. Dirk Postma in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek: “Hy was ‘n man van sterk oortuiginge wat hy nie onder stoele en tafels weggesteek het nie, ’n streng gedissiplineerde gelowige wat dit van alle mense met ‘n onverskrokke, reguit benadering geëis het.

“Bekend, ook buite sy kerk, om sy absolute strengheid ten opsigte van die Gereformeerde beginsels, word hy in sy omgewing met die jare ’n patriargale figuur wat groot agting van (alle rasse) geniet het. Hy was sonder twyfel een van die sterkste persoonlikhede wat ooit in die Geref. Kerk kon dien.”
 
Postma, Martinus en familie

Ds. Dirk Postma sit regs (met die baba op sy skoot) en sy vrou Alida staan regs van hom op dié foto van ds. Martinus en sy nasate.

Ds. Postma is in 1903 getroud met Johanna Alida Coetsee (20 Junie 1879 – 30 Maart 1929), dogter van Adriaan Coetsee van Middelburg, en ná haar dood trou hy met Martha M. Kruger (weduwee Van der Walt). Daar was 15 kinders uit sy eerste huwelik.

Postma D en Prof F Postma met begrafnis van ds M Postma 455

Dis. Dirk (links van die kis) en prof. Ferdinand Postma (regs van die kis) dra hul vader, ds. Martinus Postma, se oorskot grafwaarts.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s