God die vastigheid van Genesis af

DSC_0675

Ds. Dries en mev. Elsie Klopper. Hy verleen hulpdiens in die Gereformeerde Kerk Eloffsdal.

God het gesê,  en dit was so.

Preek gelewer deur ds. Dries Klopper (76) in die Gereformeerde Kerk Eloffsdal op Sondag 2 Junie 2019.

 

Ps.  135: 1

Ps.  118:  3, 7

Ps. 133 : 1

Skb  34:   1

Ps. 38:   1,  17

Lees: Gen. 1  :  1  –  10;     Joh. 1 : 1  – 14.

Teks :  Gen.1 : 2,  3.

Genesis 1 vertel ons van die skepping, maar Genesis wil ons soms meer van God vertel as van die skepping.       En dit is baie belangrik dat ons dit sal raaksien.

Genesis 1 giet bepaalde gegewens in vaste blokke. ( 1ste tot 7de dag)       Dit gaan ook  die vorm van ons prediking bepaal.

Ons lewe op aarde word daagliks gekenmerk deur stryd en worsteling.

Dit is pad vol van geveg,  teen bekommernisse en bedreiginge, teen siektes, en selfs die dood.

Hierdie stryd en worsteling  hou die moontlikheid in,    van wen of verloor.

Hoe ervaar ons dit nie in ons eie land nie  ?

Ons kan so bang word ons gaan verloor.

——————–

Die gevaar is dat ons  vanuit hierdie agtergrond van onsekerheid, ook na God en

sy beloftes kyk.

Ons kyk deur die bril van stryd en worsteling, en dit beïnvloed ons uitsig op die toekoms.

Alles in die wêreld, waarin  die kerk ’n baie belangrike plek moet inneem, voel vir ons wankelende, en worstelende, en so onseker.

#. En nou wil Genesis die ewige en vaste aan ons kom openbaar.

Genesis wil vir ons amper 1ste  sê,    sê wie God is.

Nie net wat God geskape het nie, maar wie Hy is.

God is die almagtige en die onveranderlike.

Die  Here worstel nie, maar Hy spreek net, en dan gebeur dit.

In Genesis kom dit soos ’n refrein na vore : God het gespreek,   en dit  was so.

————-

Dit br. en sr, maak ook die Bybel en die ware Godsdiens uniek teenoor alle ander

godsdienste.

Ons sê weer , Genesis vertel van die skepping, hoe alles geskape is, maar Genesis wil ons ook vertel van wie God is.

 

Die Bybel begin met hierdie openbaring, in die eerste boek van die Bybel.

* Dit is asof die hele skepping daarmee begin.

* Dit staan voorop.

God het gespreek,  en dit was so.

Absolute vastigheid in ’n onsekere en wankelende wêreld  —  dit is God.

Dit wil vir ons iets kom sê,  vir ons lewe nou,  vandag,  in die land waarin ons lewe.

 

ANDER GODSDIENSTE

Daarmee staan Genesis en die Bybel en die  christelike godsdiens teenoor alle ander godsdienste.

*.Van vroeg in die geskiedenis vind ons dat die mens, wat vanuit sy primitiewe wyshede,   ’n eie godsdiens wil skep,     en wil bepaal hoe alles ontstaan het.

*.Van vroeg af kry ons te doen met die filosofiese en mitologiese wêreld.

 

Die Filosowe wou, sonder die Bybel,  probeer vasstel,  wie God is, en hoe alles

ontstaan het.

Die filosoof, Thales van Milete – 500 VC — het begin deur te sê, alles was oorspronklik water.   Kom nogal ooreen met wat ons in Genesis lees.

Hy is destyds beskou as een van die 7 wyses van die wêreld.

 

Thales het die hele skepping probeer oplos deur  natuurlike veranderinge wat sou gebeur het, sonder God of gode.

’n Oerknal-ontploffing,  aardbewinge, vuurspuwende berge,  die aarde wat skeur, en toe is die land en see gevorm, en so het die wêreld verder ontwikkel, het hy gesê  — deur veranderinge.

Hierby het Charles Darwin aangesluit met sy Evolusie-teorie.

———

Benewens die filosowe was daar nou ook nog die agtergrond van die Mitologiese wêreld.

Die mitologiese wêreld word veral gekenmerk deur stryd en worsteling.

So vind ons ook in die mite-wêreld ’n beskrywing van die ontstaan van die wêreld.

 

Die godin  Tiamat het alles voort gebring,   dit laat ontstaan,   sê hulle.

Sy was die groot oer-oseaan, die waters wat alle beheers het.  Opgetel uit Genesis

Tiamat het egter ’n gode-seun gehad, Mardoek, wat besluit het om die skepping te hervorm, so word vertel.

Dit loop uit  op ’n stryd tussen Tiamat en Mardoek.    Tussen die chaos en die orde.

Tiamat verloor, en Mardoek behaal die oorwinning, en hy begin met sy veranderinge

Die groot water, die oseaan word nou in twee verdeel.

Die een deel word see genoem, en die ander deel aarde.

 

Dit was die skepping, die ontstaan van alles,   volgens die mitologie.

Die hele ontwikkeling van die wêreld, word verder gekenmerk deur  stryd tussen die chaos en die orde.

Tussen die goeie gode en die slegte gode.

Dit is ’n spanning, met die    moontlikheid van    wen of verloor.

———

En nou moet ons onthou, dit was die sfeer waarin die mens van die vroeë tyd,

en selfs ook in die Bybelse tyd, opgegroei het.

Dit was in die gene van die mens.

 

Hierdie mitologiese wêreld was aan hulle baie goed bekend.

———–

En ’n nou sien ons, die Bybel sluit ook daarby aan .

 

Die Bybel ignoreer nie die mitologiese sieninge nie, maar die Bybel praat met die mens juis teen sy mitologiese agtergrond.

 

In die 2 de gebod word byvoorbeeld gesê :  jy mag geen  beeld of  gelykenis maak om te aanbid, van wat in die hemel of  op die aarde, of   in die waters onder die aarde is nie.

Die heidendom het geglo daar is ook gode in die water onder die aarde, en nou kom

God in die 2de gebod, en sluit daarby aan, maar Hy trek  alles ’n streep deur alles.

 

GODDELIKE OPENBARING.

 

Genesis word nou die openbaring van God as die “ gans andere.

Dit was Karl Bart ’n vroeëre Nederlandse Teoloog se woorde en hy het ook, ’n tesis, ’n boek  daaroor geskryf.

 

Hy het dit geskryf om die liberale teologie te weerlê.

God is anders.

Uniek, en ewig, en standvastig.

 

Genesis word , ’n magtige openbaring teenoor die mite-wêreld.

Ja, die Bybel praat ook van die chaos aan die begin.

God het hemel en aarde geskape,  en die aarde was woes en leeg.

En God het gesê : Laat daar lig wees”,  en dit was so

                                                          ——–

* Kort en kragtig.         God het net gesê.

* Hier was geen stryd, geen worsteling, geen geveg, wat ’n wen of verloor inhou nie.

God is in beheer.

 

Dit is die refrein wat deur die hele Genesis 1 weerklink.
God het gesê,  en dit was so.

En God het gesien dat dit goed was.

 

—  Net die spreek van ’n woord. —

Hierdie openbaring word nie aangetas deur al die teorieë en spekulasies of die

skepping in dae of tydperke was nie.

Daar word soms gesê dat die skepping nie in dae plaasgevind het nie, maar in tydperke, dalk van duisende jare.

Die Bybel sê egter in Genesis 1 : 16 dat toe die Here die son en maan geskape het, het die twee ligte skeiding gemaak tussen  die dag en die nag. Nie tydperke nie maar gewone dae. Baie jare later,  na Noag, na Abraham, na Egipte, as die volk by die berg Sinai kom , gee die Here sy wet aan sy volk.   Die wet in Ex 20 sê dan by die 4de gebod  : God het in ses dae die hemel en aarde  geskape en die sewende dag het Hy gerus.  Die Bybel praat van dae.

 

Wat Genesis 1 wil sê is dat daar nie ’n stryd was van wen of verloor nie.

Die Here is van die begin af die triomfator.

——

#  Die geskiedenis van Israel het telkens gedreig om agter die afgode van die mitologie en die heidendom aan te loop.

 

Die Skepping  moes egter vir Gods volk altyd ’n oproep tot besinning wees.

Die volk moes net terug kyk na die skepping.

 

Hoe baie keer moes die Here deur die profete nie vir hulle wys dat die afgode ’n sinnelose skepping van die mens is nie.

’n Stuk hout waarmee jy vuur maak, jou warm maak, en vleis braai, en dan neem die mens  dieselfde hout en maak ’n god, en buig voor hom neer.

 

In  Genesis word die vastigheid van God geopenbaar,    geproklameer.

Van ver uit die verlede, deur eie tyd,  die toekoms in.

 

AARDSE DIE WANKELENDE

 

Omdat God die vaste is,  staan die aarde en  hemel ook vas.

Maar die aardse wankel.

Dit wat op die aarde is, en gedoen word.

 

Die aardse is vol stryd en worsteling en onsekerhede.

Ons kan ook deel daarvan word.

Ja, die wêreld lyk vir ons soms soos ’n voertuig, waarvan die remme losgeraak het en buite beheer is.

 

* Dit maak ons soms bang.

* So maklik val ons ook in die onsekerheid van angs en twyfel en stryd.

Die lewe is so vol van ellende en moorde, en pad-ongelukke, en terminale siektes en werkloosheid en armoede en teëspoede.

——

Genesis wil aan ons al aan die begin,  die vaste troos bring.

God hoef net te spreek.

In Hom hoef ons nooit te twyfel nie.

 

Ja, ons is steeds deel van die aardse gebrokenheid.

En dit tas ons aan,  maar dit is nie ’n saak van God wat stry en dalk kan verloor nie.

 

* Die volkomenheid is komende.

* Erens gaan al hierdie slegte dinge ophou.

* Dit staan vas en seker.

————–

Dit moet vir ons tot troos wees.

 

Soos Job  verstaan ons nie altyd God se plan nie,    maar hy het geweet, God is in beheer.

Daarom moet ons altyd na bo kyk en vorentoe beur.

Job het na sy beproewinge uitgeroep: Van hoorsê het ek van U gehoor maat nou het my oog U gesien

—————–

God het Hom ook in  díe  vastigheid geopenbaar in Jesus Christus.

Die herskepping, die nuwe lewe, kom met diesélfde vastigheid as die skepping.

 

Die Here gooi nie die gelowige in die stryd en sê jy moet jy moet anderkant uitkom nie, maar dit is God, met Jesus Christus wat vir ons  die oorwinning behaal.

Dit staan vas.

En Hy dra ons elke dag deur die gebrokenheid van die wêreld .

 

God openbaar homself egter nie net deur die skepping nie, maar ook in sy herskepping.

Die Skepping en Herskepping sê wie God is.

 

In Jesus Christus word die woorde : Laat daar lig wees, ’n wonderlike werklikheid.

’n Nuwe lig waardeur ons as gelowiges kan sien, —  kan sien wie God is.

In Jesus Christus word die almag van God verder en ryker geopenbaar.

 

In die begin was die Woord en die Woord was by God en die Woord was God, en die Woord het vlees geword en onder ons kom woon.

 

God skape alles, maar herskape dit ook, tot ’n nuwe nuutheid.

God hoef nie te worstel om dit te verkry nie nie.

 

Dit moet in ons aardse stryd en worsteling, vir ons tot baie groot bemoediging en

 

vastigheid wees.

Al verstaan ons nie soos Job wat God se plan is nie, kan ons weet dat daar by God nie die moontlikheid is van wen of verloor nie.

God hoef te te spreek en dan gebeur dit.

 

Ons wil afsluit waarmee ons begin het: Genesis vertel van die skepping, maar wil  . .               ons ook, en soms  meer van God vertel as van die skepping.

 

God worstel nie.

Wat om ons gebeur is God se wil, of,  God se toelating.

Dit is nie ’n saak van   worsteling,  van  wen of verloor nie.

 

God staan vas.

Hy is in beheer.

Hy kan net spreek en dit sal gebeur.

AMEN.

 

 

 

 

 

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s