15 Junie 1909 | Dopperdominee woon Hervormde sinode by

1910-reddersburg-alg-sinode-254-en-a59.jpg

Die Nasionale Sinode van die Gereformeerde Kerk in sitting te Reddersburg, 1910.

Toenadering tussen Susterkerke loop op niks uit

Die gebore Nederlander dr. Sietse Los (1871–1944) het tydens pres. Paul Kruger se verblyf in Hilversum omstreeks 1901 met die ou staatsman bevriend geraak.

In 1907 aanvaar hy ’n beroep na die Gereformeerde Kerk Pretoria, waarvan pres. Kruger lidmaat was. In 1914 word hy professor aan die Teologiese Skool Potchefstroom, maar keer in 1920 permanent na Nederland terug weens sy vrou se siekte.

Ná haar dood in 1942 het hy by sy dogter gaan woon en sterf aan beserings wat hy opgedoen het in ’n bomaanval op dié se huis tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Prof_SO_Los

Dr. Sietse Los.

In Pretoria het dr. Los baie gedoen om versoening tussen Afrikaners en Hollanders te bewerkstellig. Intussen het ná die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) ’n spontane behoefte ontstaan vir groter eenheid tussen die Afrikaanse gereformeerde kerke, naamlik die Nederduitse Gereformeerde (NGK), Nederduitsch Hervormde (NHK) en Gereformeerde Kerk (GKSA).

Die algemene vergadering van die NHK van 1903 het gevra om ’n “nauwere broederband” tussen die drie kerke. Op die NH of G Kerk in Transvaal (die NGK in daardie provinsie) se sinode van 1906 het uit die ring van Lydenburg ’n beskrywingspunt gekom wat gevra het dat die drie “Hollandsch-sprekende” kerke in Transvaal verenig.

Die GKSA het glad nie in 1906 gereageer nie, maar dr. Los het wel die NHKA se sinodesitting drie jaar later bygewoon. Dit was die laaste keer dat daar sprake was van kerkvereniging van die GKSA se kant.

Daarna het die eerste sprake van kerkverenining eers weer in 1933 gekom en wel van die NHK af. Ook hiervan het niks tereggekom nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s