16 Junie 1951 | Jhb.-Oos se hoeksteen gelê

Eerste_en_tweede_Gereformeerde_kerk_Johannesburg-Oos,_29_Desember_2017,_Morné_van_Rooyen

Die ou (links) en nuwe (regs) Gereformeerde kerke Johannesburg-Oos, albei nou die tuiste van die Franstalige

Moerdyk en Watson ontwerp nuwe kerk

Ds. A.S.E. Yssel het die hoeksteen van die nuwe kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Johannesburg-Oos (regs op die foto) op hierdie dag gelê. Die argitekte was Gerard Moerdyk en Henry Watson.

Dié kerkgebou is op ’n hoogte geleë in die omgewing van heelwat ander kerke – onder meer die eertydse NG kerk Jeppestown en NH kerk Kensington – sodat die inwoners die rif die naam “Hill of Saints” gegee het.

Hoeksteen Gereformeerde kerk Johannesburg-Oos

Die hoeksteen van die nuwe kerk.

Die eerste kerkgebou, opgerig in 1898, is in 1986 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar. Ná die samesmelting van GK Johannesburg-Oos, -Sentraal en ’n gedeelte van -Mayfair in daardie jaar het dit Johannesburg (herstig) se eiendom gebly, maar die saamgestelde gemeente het Sentraal se kerk in die stad gebruik.

Die kerkgebou van 1951 is oorgeneem deur die Engelstalige Good News Community Church. Deesdae gebruik die Gereformeerde Kerk Eglise de la Bonne Nouvelle die perseel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s